Boishaaier 2018

Musiekwaardering, 1960

"We don't listen and write music because it's cute. We listen and write music because we are members of the human race. And the human race is filled with passion. And medicine, law, business, engineering, these are noble pursuits and necessary to sustain life. But poetry, beauty, romance, love, music, these are what we stay alive for." – uit Dead Poets Society, aangepas deur Reghardt Kühn. Die orkes en koor dien albei as maatstaf van die kulturele krag en gesondheid in die skool, en die skool is wat dit betref, besonder gesond! Dat die orkes veelsydigheid in ’n individu ontwikkel, kan wêreldwyd gewaar word. ’n Persoon sal net sy kuns kan verfyn as hy tyd daaraan bestee en deur middel van die orkes kry leerlinge die geleentheid om daagliks hul musikale vermoë te bevorder en versterk. Die orkes is konstant aan die groei, veral met die junior orkes wat werk dat hulle die kromme note haal. Die orkes beplan om oor die volgende vyf jaar met 50% te groei, asook om verskeie nuwe instrumente aan die orkes bekend te stel, soos die Franse horing, basklarinet en die baritonsaksofoon. Die beplanning is ook dat die junior orkes aan die einde van elke jaar ’n uitvoeringsgeleentheid saam met die senior orkes kry om die jaar te af te sluit. Die orkes het vanjaar afgeskop met die jaarlikse kultuurkamp, waar leerders begin voorberei vir optredes in die loop van die jaar. Die eerste groot optrede was tydens die gala-aand aan die begin van Maart waar die gedenkboek bekendgestel is. Die orkes het hulself goed van hul taak

gekwyt deur musiek van sowat ’n halfuur lank binne ’n maand se tyd in te studeer, ’n taak wat normaalweg ’n veel langer tyd se voorbereiding verg. Volgende op die lys was die Blue- Grey-aand, waar ons weer die manne van die Rosestad in die Boland met ’n feestelike aand verwelkom het voordat hulle mekaar die stryd op die sportveld aansê. Dit was ’n uiters susksevolle aand waartydens die onderskeie musiekgroepe van beide streke mekaar pragtig gekomplementeer het. Kort daarna het die orkes aan die werk gespring met voorbereiding vir die uitdagende derde kwartaal om slaggereed te wees vir aktiwiteite soos Interskole, die Paarl Vallei-eisteddfod en die orkesfees. Tydens Interskole het die orkes die eerste hokkiespan verwelkom, wat tog sekerlik daartoe gelei het dat die HJS-span die Gimmies kafgedraf het! Gedurende die volgende week speel die orkes nie net in die plaaslike eisteddfod nie (waar hulle ook nog daarin slaag om weer eens met ’n Cum Laude weg te stap), maar bied ook die hoogtepunt van hul jaar aan naamlik, die jaarlikse orkesfees. By vanjaar se fees het ons weer die dames van Hoër Meisieskool verwelkom, asook die gekombineerde groepe van Wynberg Boys’ en Wynberg Girls’ High. Die aand het ook die terugkoms gesien van ’n baie spesiale tradisie, die Old Boys’ band. Net om te wys dat mens nooit vergeet hoe om fiets te ry nie, het hierdie manne binne een middag hulself weer geleer hoe om hul ou instrumente te bespeel en dan nog

ook vinnig twee stukke aan te leer wat hulle dieselfde aand moes uitvoer. Die aand is afgesluit met al vier orkeste wat ’n massa-item op die verhoog speel, maar nie voor die onvergeeflike talente van The Bottomless Coffee Band ons vermaak het met ongeëwenaarde musikaliteit en oorspronklikheid nie. Hierdie uiters feestelike jaar is amptelik afgesluit met die ikoniese Kerskonsert, wat die individuele en gekombineerde musiektalente van ons leerders byeenbring om die jaar te groet voor die eksamens. Op hierdie aand groet ons ook die uitstekende matrieks van 2018: Le Roi du Plessis (orkesleier; trompet), Sunin Kim (vise-leier; klarinet), Stuart Martin (perkussie) en Jaco Koegelenberg (trompet), al het hulle reeds amptelik begin met hul eindeksamen. Spesiale erkenning moet ook gegee word aan Le Roi en Stuart, wat heel jaar as uitgenooide spelers deel gevorm het van Stellenbosch Universiteit se Mediese Orkes.

BOISHAAIER 2018 / Musiek / Music

85

BOISHAAI 150 YEARS

Made with FlippingBook Online newsletter