Boishaaier 2018

Musiekleerders Agter: Nico Smit, Lucien du Plessis, Nicolás du Toit, Johmar Loubser, Hugo de Waal, Zack du Toit, JJ van der Merwe, Dehan Breet, Donou van Wyk, Lethin Abrahams, Paul Posthumus, Charl Keet, Donrique van Rooyen, Philip Uys 3e ry: Jean Burger, Tristan O’Malley, Alexander Coetzee, Jan-Hendrik du Toit, Mitchell Waldeck, Jack de Swardt, Ralph Shepherd, Pieter Slabbert, Matthew Eckhardt, Tristan Johnson, Zeke Malan, Sebastian Kirstein, Daniël du Plessis, Brian Barlett, Dean Myburgh, Billy Cronjé, Hannes Scholtz, Mihai Macici, MC Prins, Alex Lightfoot 2e ry: Erik Viljoen, Mark Peceur, Keeno Windvogel, Michau Olivier, Francois du Toit, Michael Moolman, Reece van Oudsthoorn, Ryan Dorfling, Josh Steenkamp, Wynand Hattingh, Leopold Nöthling, Jandré Venter, Walroux Venter, Dian Jacobs, Jandré Frey, Mark Williams, Alexander Wynne, Brody Goddard, Luc Künz 1e ry: Markus de Jager, Bernard Badenhorst, Liam Relling, Tristan Bouwer, Emile Kellerman, Armand Barnard, Llewellyn van der Merwe, Adam Deacon, Chleo Pheiffer, Latham Truter, Kaylim Dorfling, Jared Andrews, Simon du Toit, Jan Grobbelaar, Dean Jansen, David Neethling, Jàen-Henri Overbeek, Corbyn Dormehl Voor: Stuart Martin, mnr. S van Hansen, Le Roi du Plessis, mnr. I Visser, Reegan Young, mnr. R Kühn, Jaco Koegelenberg, me. M von Mollendorf, David Snyman, me. B Goldstone, José George, me. E Theunissen, Ruan de Jager, mnr D Spangenberg, Sunin Kim

In 1980 heers daar groot opwinding toe die skoolkoor vir die eerste keer op televisie verskyn. Sedertdien het hulle al ’n paar draaie voor die kameras gemaak, met die nuutste verskynings in 2012 op ’n nasionale ontbytprogram, en in 2016 by die Wes-Kaapse Bokkie-toekennings. Vir bykans 40 jaar kon seuns slegs vir ekstrakurrikulêre doeleindes Musieklesse neem. In die jaarblad van 1974 word daar egter vir die eerste keer vakpryse toegeken vir ’n eerste plek in Musiek, en wel aan ene I Pilkington. Tans neem alle graad 8- en 9-leerders Musiek as een baan van die vak Skeppende Kunste. Hulle kan ook reeds vanaf hulle graad 8-jaar kies om indiwiduele lesse te neem. Vanaf graad 10 word Musiek as keusevak vir leerders aangebied. Ons is trots op soveel oudstudente wat reeds hul naam in die musiekbedryf gemaak het. Hanru Niemand (matriek 2000) was in 2005 een van die finaliste van die ATKV-Crescendo-kompetisie. Hy het ook reeds drie studio-albums opgeneem, en van sy liedjies is al in Russies vertaal.

Waldo Lotz (matriek 1994) is ook ’n huishoudelike naam ná die vrystelling van “Die Paarl is ’n wonderlike plek”. Nog bekende name is dié van Francois Louw, wie se album “Ek was my hande” vir twee Ghoema-toekennings genomineer is; en dan is daar ook Henri Kriel, wie se album “Post Apartheid Apocalypse” in Nashville, Tennesee opgeneem is. Musiekgroepe wat besig is om al die nasionale treffersparades te oorheers, is Spoegwolf (Danie du Toit, Albert van der Merwe, Chris von Wielligh en Moskou du Toit) en Jackal and the Wind (Christopher Kruger, Peter Kruger, Cobus von Wielligh en Johan Pretorius). Wyle Nelius Swart, perkussiekoning en drumline-leier van 2011, was laasgenoemde groep se oorspronklike tromspeler. Klassieke musikante wat spesiale vermelding verdien is onder meer Lourens Fick (wenner van die UNISA Graad 8-beurskompetisie), Pieter- Adriaan Stofberg (MMus en wenner van die UCT Stephanie Grannet-prys), Brent Reynolds (wenner van die SAKOV-

orrelbeurs), Japie Malan (bekende orrelis van die Groote Kerk in Kaapstad vir 31 jaar) en Melville van der Spuy (komponis en musiekinspekteur). Tom Engela skryf, ter afsluiting, die volgende opmerkings, wat ook resoneer met elkeen wat vandag die musiekdepartement ken en liefhet: “Die beoefening van musiek by Boishaai is vandag ’n meer getemperde verfyndheid en ’n aanvaarbare deel van ’n sofistikasie van beskaafdheid wat in die wyer etos van die skool weerspieël word. Die skoolorkes wat alreeds ’n imponerende graad van professionaliteit bereik het, speel nog steeds soggens by saalgeleenthede en skoolfunksies en die skoolkoor tree met die rustige gekultiveerdheid van ingeoefende musikaliteit op – maar as ek na hulle luister, kan ek my beswaarlik daarvan weerhou om te fluister: ‘Besonder bedonderd!’”

BOISHAAIER 2018 / Musiek / Viva la Musica

83

BOISHAAI 150 YEARS

Made with FlippingBook Online newsletter