Boishaaier 2018

Gimnasium 1912

Matriekklas 1908

Voetbalspan 1910

Daar was ’n algemene gevoel dat nuus en ander gebeure meer as ’n jaar voor die publikasie van die jaarblad plaasgevind het en oudstudente vroeër daarvan sou wou weet. Daarom is daar vanaf 1940 tot 1946 twee bulletins per jaar (herfs- en lente-uitgawe) gepubliseer. Met die Hoër Jongenskool se Jubileumvierings in 1943 is daar wel besluit om slegs een uitgawe van die jaarblad te publiseer. In 1989 word “Die Boishaaier” op die voorblad aangebring en in die vroeë 1990’s is die voorheen A5-grootte jaarblad met dié van ’n A4-grootte vervang. Dit sou ook die eerste keer wees dat kleurfoto’s en grafika in die jaarblad verskyn. Vanaf 2008 is daar

baie meer op fotokollages gefokus en in 2010 verskyn die Boishaaier vir die eerste keer in sy geheel in kleur. Dit is vir my ’n voorreg om die laaste elf jaar tesame met ’n ongelooflike span by Die Boishaaier betrokke te wees. Elke jaar wanneer ek die bydraes tot die verskillende aktiwiteite lees en

komplementerende foto’s vir publikasie uitkies, val die volgende my op: die vreugde op die gesigte van elke persoon betrokke. Ek dink dan ook aan die woorde van mnr. Louis Knoetze, oudskoolhoof: Boishaai bied balans!

BOISHAAIER 2018 / Redaksioneel

Redaksie Mr S van Hansen Editor

Ms M Visagie Mr J Mostert

7

BOISHAAI 150 YEARS

Made with FlippingBook Online newsletter