Boishaaier 2018

Personeel 1908

Redaksioneel Die druk van foto’s was ’n baie duur proses en daarom is slegs ’n groepfoto van die onderwysers en een van die matriekklas in die 1908-jaarblad ingesluit.

Die idee vir die publikasie van ’n jaarblad het sy oorsprong in 1907 by die Debatvereniging van HJS gehad. Die idee was om ’n publikasie saam te stel van die beste skryfstukke van die jaar. Ongelukkig was daar nie onmiddellik fondse beskikbaar nie en daar is besluit om hierdie projek uit te stel. In 1908 is fondse bewillig vir die uitgee van die Hoër Jongenskool Paarl se eerste jaarblad. Hierdie jaarblad sou twee funksies vervul, naamlik om skryfstukke deur leerders asook die doen en late en prestasies van huidige en oudstudente te publiseer. Die jaarblad sou hoofsaaklik deur die Debatvereniging, onder leiding van mnre. JO Powell en FPS le Roux as

redakteurs, behartig word. Interessante stories oor en prestasies van oudstudente moes direk aan die skoolhoof, mnr. PJ du Pré le Roux, gerig word. Die druk van foto’s was ’n baie duur proses en daarom is slegs ’n groepfoto van die onderwysers en een van die matriekklas in die 1908-jaarblad ingesluit. Oudstudente is vir finansiële bydraes gevra en plaaslike besighede kon advertensies plaas. Met die tweede uitgawe is daar besluit dat die jaarblad teen 3d (pennies) verkoop sou word, aangesien die volle koste van die eerste uitgawe nie deur donasies en advertensies gedelg is nie. Kopieë van die eerste jaarblad is ook aan SACS en Grey Kollege Bloemfontein gestuur, waarna HJS ook ’n kopie van die onderskeie skole

se jaarblaaie ontvang het. In die 1910-uitgawe verskyn die eerste voetbalspan en die CSV-leiers vir die eerste keer. Mnr. JJ Moll, sekretaris van die beheerliggaam, het in 1912 ’n donasie gemaak vir die insluiting van tien foto’s in dié uitgawe. Vir die eerste keer kon oudstudente en ander intekenaars van die jaarblad nie net foto’s van leerders en onderwysers sien nie, maar ook die opgradering en uitbreiding van die skool se fisiese geriewe. Spotprente deur leerders sou ook in latere uitgawes ’n verskyning maak. Tot ongeveer 1920 is die jaarblad in Engels/ Nederlands uitgegee. Daarna is die jaarblad in Engels/Afrikaans uitgegee.

BOISHAAIER 2018 / Redaksioneel

6

BOISHAAI 150 YEARS

Made with FlippingBook Online newsletter