Boishaaier 2018

Nou moet ons alle kragte inspan om te verseker dat ons in die volgende 150 jaar nuwe hoogtes sal bereik.

HJS 150 2018

Jaar van Hoogtepunte

Soos verwag, het hierdie feesjaar baie vinnig verbygevlieg - beslis ’n jaar van vele hoogtepunte. Suid-Afrika en die wêreld daar buite het weer besef dat hierdie ’n besondere skool is met wonderlike tradisies en ’n trotse geskiedenis. Ons sal nog lank kan gesels oor ons ervarings en opwindende oomblikke van 2018. Wat ’n voorreg om deel hiervan deel te kon wees. Yes, this is indeed a school the best all people say. So many events and results which made us proud to be part of Boys’ High. The scene has been set to involve everyone in the drive to prepare and build for the future. The inspiration and energy will surely not be lacking. This year also saw the launch of the Paarl Boys’ High Foundation Trust which will ensure that this school will remain an institution of excellence. In 2018 het ons feesgevier! Die hoogtepunt was ongetwyfeld die galadinee van 2 Maart 2018 wat vir 1 500

gaste in ’n pragtige glastent op die veld voor die skool aangebied is. Hierdie dinee het besondere erkenning in die media en uit alle oorde ontvang en kan beskryf word as die grootste saamtrek ooit van die Boishaai-familie. Die gedenkboek en HJS Stigting is ook op hierdie groot geleentheid bekendgestel. Ons spog met ’n nuwe museum wat beskou kan word as een van die bestes in Suid-Afrika. Die museum is onlangs besoek deur onder andere al die skoolhoofde van die Suid-Afrika se voorste seunskole. Dit vorm ook nou deel van die Paarl-toerismeraad se besoekpunte en het reeds vanjaar besoek ontvang van 800 belangstellendes. Die museum spog met sy eie kurator, by name Bea Strüwig, wat sal omsien na die uitbreiding en bywerking van die uitstallings. Die gedenkboek is boonop bekroon as ’n finalis in die SA Publication Forum se beste eenmalige publikasie. Die HJS 150-gedenkboek vertel die volle verhaal van ons trotse alma mater.

Hierdie boek kan ’n puik Kersgeskenk wees en is by die OSU-kantoor in die museum beskikbaar. Daar was vanjaar talle genotvolle aanbiedings van ons musiekdepartement, kultuuraktiwiteite en sporthoogtepunte. En wie sal die 2018 Interskole- oorwinning vergeet? Danksy die harde werk van die personeel, het die HJS weer eens puik presteer. Maar nou moet ons alle kragte inspan om te verseker dat ons in die volgende 150 jaar nuwe hoogtes sal bereik. I would like to thank all friends of Boys’ High who attended one or all of the 150 year celebrations and occasions. Without your help, encouragement and support the year would not have been such a success. To adapt the famous words of JFK, “To my fellow Boys’ Highers: Ask not what Boys’ High can do for you, ask what you

BOISHAAIER 2018 / HJS 150 2018 / Jaar van Hoogtepunte

can do for Boys’ High”. Danie Malan: Director BHS 150

172

BOISHAAI 150 YEARS

Made with FlippingBook Online newsletter