Boishaaier 2018

Tennisspan (1920)

Tennis Tennis is al sedert 1930 ’n belangrike sportsoort.

Tennis is al sedert die beginjare ’n belangrike sportsoort by die HJS. So vroeg as 1930 was daar 90 spelers wat deelgeneem het aan dié sport. Die fasiliteite was van ’n baie goeie ge- halte, met byvoorbeeld elke koshuis wat sy eie tennisbaan gehad het. In 1965 is daar vyf nuwe tennisbane langs Werda-koshuis ge- bou. Die aantal spelers het so gegroei dat die skool in 1979 in die WP- asook die Boland-li- ga ingeskryf het. Seuns kon toe teen ’n groter verskeidenheid skole speel en sodoende hulle standaard verbeter. In 1994 het HJS twee van die drie Boland-tennistrofees gewen. Etienne van Wyk is in 1995 die eerste Boishaaier wat die gesogte Zondagh Ribbons-beker wen. Louis Bartlett het die trofee twee keer daarna gewen. Nikala Scholtz het in sy tyd by die HJS verskeie prestasies gelewer en was ook die nommer

1-speler op die SA ranglys vir seuns onder 15. Deur die jare het die skool verskeie SA Skole- en provinsiale spelers opgelewer, soos Johan Koch, Hugo van Zyl, Wally du Toit, Gerhard van Vuuren, Etienne van Wyk, Louis Bart- lett, Nikala Scholtz, Schalk Pienaar, Gielie van Schoor, Andreas Mentz en Egon Samaai. Sedert 2008 is oudstudent Erik Bester as afrig- ter by die skool se tennis betrokke en sedertdien het HJS in hierdie sportsoort nog in geen In- terskole teen Paarl Gimnasium verloor nie. Die HJS neem deesdae aan verskeie skole toer- nooie deel, onder andere die Gerrie Berner-, die Grey Kollege- en die Marli Moolman-toernooi. By hierdie toernooie vertoon ons deurgaans uitstekend. Ons het ook gereeld van hierdie toernooie gewen. Ons het ook op die oomblik nege spanne wat in die Sentraal-Boland-liga

ingeskryf is en ons wen 95% van alle wedstryde. In 2015 het die Edge Tennisakademie onder leiding van Pascal Guebert by ons aangesluit en sedertdien groei ons tennis net nog meer en lyk die toekoms rooskleurig. Tennis by HJS is nie net ’n gewilde tydverdryf nie, maar ook ’n arena vir prestasie. Dit lewer ’n beduidende bydrae om leerders se karakter te help bou, spesifiek ten opsigte van sportman- gees, toewyding, dissipline en kameraderie. Die sport bied ook dikwels aan leerders toegang tot buitelandse universiteite, waar hulle verdere geleenthede kry vir hul toekomstige loopbane en dit speel ’n belangrike rol om sosiale vaar- dighede te slyp.

BOISHAAIER 2018 / Tennis

159

BOISHAAI 150 YEARS

Made with FlippingBook Online newsletter