Boishaaier 2018

Gedurende die sewentiger- en tagtigerjare het Landloop van krag tot krag gegaan.

Landloop het gedurende die volgende seisoen (1976) ’n “redelike opflikkering” getoon met tot 30 seuns wat soms daaraan deelgeneem het. “Te min rugbyspelers sien die waarde van dié gesonde sportsoort raak. Solank dit die geval is, sal Boishaai se langasems altyd die onderspit delf teen skole soos Gimnasium of Paul Roos. Die atlete in daardie twee genoemde skole wat rugby speel, moet ook aan landloop deelneem – die resultaat gedurende die atletiekseisoen spreek vanself.” Ook in 1976 het die eerste Interhuis-landloop plaasgevind wat puik deur die seuns onder- steun is met ’n raps meer as 400 seuns wat deel- geneem het. Imhoff se atlete het gedurende die sewentigerjare die Interhuis-landloop oorheers. Uit die 1909-jaarblad: “Change is inevitable and adaptation necessary. There has to be a balance between progress and preservation.” Ons wil ons huidige atlete aanmoedig om te streef na uitnemendheid en om die tradisie van goeie sportmanskap te behou en uit te bou. Landloop kan vir die atlete wat in die somermaande aan middel- en langafstande deelneem, as deel van hul winterprogram benut word om hul voor te berei vir die atletiekseisoen. Ander sportsoorte word ook aangemoedig om spanne en indivi- due in te skryf as deel van hul fiksheidsprogram. Gedurende die tweede en derde kwartaal van 2018 het ons landloopatlete Woensdae aan by- eenkomste deelgeneem. Daar was ses ligaby­ eenkomste wat aangebied is deur Hugenote Ho- ërskool, Hoër Meisieskool La Rochelle, Boland Landbou, Paul Roos Gimnasium saam met Hoër Meisieskool Bloemhof, Hoër Jongenskool Paarl saam met Hoër Meisieskool Paarl en Hoërskool Paarl Gimnasium. Hoërskool Labori en Bridge House het ook aan die byeenkomste deelgeneem. Landloop

Alhoewel daar reeds in die 1909-jaarblad ge- skryf is “Paarl Boys’ High has no athletic club, but some very promising athletes” en atletiek kort daarna as skoolsport begin is, is die eerste jaarblad met ’n landloopverslag dié van 1974 waar mnr. J Rossouw verslag doen dat die land- loopspan ’n meer suksesvolle seisoen agter die rug het in teenstelling met die swak vertonings van die landlopers die vorige jaar. Hy skryf: “Dit is tog jammer dat meer seuns nie bereid is om hierdie mooi sportsoort met rugby te kombi- neer nie.” Daarna het landloop gedurende die sewentiger- en tagtigerjare van krag tot krag gegaan onder die knap leiding van mnr. D Fourie en later mnr. U Strack, wat vir omtrent 20 jaar die lei- sels by landloop gehou het. Senior atlete het aan wedlope van 7 tot 8 km deelgeneem, terwyl die juniors 4 km gehardloop het. 1975 was ’n merkwaardige jaar vir Boishaai-landloop. Mnr. Fourie berig dat die skool se landloopatlete puik presteer en hul onderskei het. ’n Besondere wedloop het ook daardie jaar plaasgevind om fondse vir die matriekafskeid in te samel. Die Vrydagoggend voor Interskole het twee spanne van vier atle- te elk in gietende reën om negeuur die oggend voor die skool weggespring. Die atlete se roete het verby Oude Molen, Klapmuts, Agter-Paarl, Wellington en dan tot by HJS se sportterrein geloop. Na ’n uur se hardloop is hulle deur twee spanmaats afgelos. Teen 06:00 die volgende og- gend het hulle reeds hul mikpunt van 100 myl verbygesteek deur 140 myl af te lê en R600 wins aan borgskappe ten bate van die matriekafskeid in te samel. Volgens mnr. Fourie het spanwerk, uithouvermoë en veggees van hierdie wedloop ’n sukses gemaak.

Die wedlope was elk 4 km lank en atlete het in ’n junior en senior afdeling deelgeneem. Ons atlete het hulle gehandhaaf, met verskeie seuns wat gereeld onder die voorste vyf geëindig het. Jannes Marais was ons toplandloper. Tussen drie ligabyeenkomste behaal hy twee eerste plekke en een tweede plek. Ons wens steeds soos mnr. Fourie in 1975 dat meer seuns van hul vrye tyd wil opoffer vir die skoon en geson- de sportsoort wat hier beoefen word. In sonnige herfsweer het ons op 4 Mei die ge- dugte Grey-landlopers by Hussar Grill aan- gedurf. Die juniors moes ongelukkig die knie buig, maar ons seniors het oortuigend gewen. Ook hier het Jannes Marais in die senior wed- loop geseëvier. Die finale byeenkoms van die seisoen was ’n aflosbyeenkoms wat in gietende reën deur Hoërskool Paarl Gimnasium aangebied is. Elke span het uit twee atlete bestaan. Elke atleet het 1,8 km gehardloop. Ons junior spanne het die tweede en derde posisies behaal, en ons senior spanne was derde, vierde, sesde en sewende. Die seisoen was weer eens geslaagd, gemeet aan die aangename gees wat daar geheers het en die geesdrif waarmee deelnemers besiel is. Onder die bekwame leiding en entoesiastiese afrigting van mnr. Rayno Snyman het ons atlete pragtig presteer. Ons beaam wat mnr. Fourie in 1975 berig het: “Met koue liggame, seer spiere, warm harte en aangename herinneringe kan ons huis toe gaan met die wete dat ons welslae behaal het.” Die toekoms wink vir HJS Landloop.

Landloop Agter:

Tristan O’Malley, Dian Kruger, Matthew Birch, Liam Carruthers, Bayanda Kula, Cohen October Voor: Marno Yzelle, me. K le Roux, Jannes Marais, mnr. R Snyman, Divan van der Bank

BOISHAAIER 2018 / Landloop

129

BOISHAAI 150 YEARS

Made with FlippingBook Online newsletter