Boishaaier 2018

Cricket In 1934 word die eerste krieketwedstryd gespeel.

In 1934 (66 jaar ná die ontstaan van Hoër Jongenskool Paarl) word die eerste georganiseerde krieketwedstryd gespeel. In 1935 word een span onder kap- teinskap van Owen Horwood in die WP se tweede liga ingeskryf. In 1940 berig mnr. Oberländer: “... omdat daar groot belangstelling is, moet ons in- terhuis-wedstryde reël”. In 1958 lewer HJS vier spelers vir die Bolandspan op en in 1959 word die eerste amptelike kriekettoer onderneem. HJS speel teen Grey College en St. Andrew’s in die Vrystaat. C du Plessis word HJS se eerste Nuffield-speler in die 1960/61-seisoen. HJS skryf voor die hul Eeu- feesviering in 1968 vyf krieketspanne in die WP- en Boland-liga in.

Die skool spog teen 1970 met twee krieketvelde met ’n skouspelagtige uitsig oor die vallei en sy pragtige berge. Aan die einde van 1981, met die Bo- land as volwaardige provinsiale krieketunie, word drie spelers van HJS in die Boland Nuffieldspan gekies. Stelselmatig begin HJS homself vestig as ’n krieketskool van topgehalte, nie net in die WP en Boland nie, maar ook in Suid-Afrika. Drie-en-tagtig jaar ná ons eerste wedstryd speel die skool 122 wedstryde van Januarie tot die eerste week in Maart. Dit (Sondae uitgesluit) gee jou byna drie wedstryde per dag vir 40 dae met 18 spanne en 20 afrig­ ters. Hoe het dit nie verander nie!

Krieket by HJS is nie net ’n somersport wat ge- speel word om die tyd om te kry nie. Dit vorm deel van die seun se holistiese ontwikkeling. Krieket vereis konsentrasie, dissipline, beplan- ning en uitvoering van strategieë, om maar net ’n paar voorbeelde te noem, wat bewys dat krie- ket 95% in die kop gespeel word. Ons spelers word blootgestel aan fiksheid en kondisione- ring voor en ook gedurende die seisoen en ons fasiliteite laat ons toe om hul vaardighede op ’n hoë vlak te kry. Om deel te wees van HJS se 150ste bestaansjaar was ’n groot voorreg. Ons krieketspelers het die feesvieringe behoorlik gevier op die krieketveld met uitstekende resultate in spanverband asook met individuele vertonings. Die jaar is afgeskop met suksesvolle toer- nooie waarin ons o. 19B en 1ste XI deelge- neem het. Die o. 19B-span het oudergewoon- te na Graaff-Reinet getoer en die 1ste XI en o. 15A-span het op eie bodem deelgeneem aan onderskeidelik die Cape Cricket Festival vir o. 19A-spanne en ’n o. 15A-toernooi. Behalwe vir die jaarlikse ligawedstryde het HJS ook ’n suksesvolle kriekettoer na die Verenigde Ko- ninkryk onderneem. Drie ouderdomsgroepe (o. 19, o. 17 en o. 15) meet kragte met skole van Engeland, soos Oakham School, Whitgift School, Uppingham en Charterhouse. Twin- tig wedstryde word gespeel waarvan 13 gewen word, 1 gelykop eindig en 6 verloor word. Hoogtepunte op die veld was daar baie: 2 hon- derdtalle (Theo Louwrens 101 teen Whitgift School o. 19 en Daneel Swanepoel 107 teen Uppingham o. 17), 18 vyftigtalle en 4 vyf-paal- tjie-vertonings (Michael Papenfus 5/13 teen Uppingham o. 19 en ook 5/48 teen Whitgift School o. 19, Luke Raubenheimer 5/20 teen

Dulwich College o. 17 en Armand Burger 6/40 teen Dulwich College o. 15) word op die toer aangeteken. Van die veld word baie myle op die Londense moltrein afgelê en uitstappies na Madame Tus- sauds, The London Dungeons, Alton Towers en The London Eye word gemaak. Besoeke aan Lord’s-krieketveld, Wimbledon en Twicken- ham was ook hoogtepunte wat nog lank onthou sal word. Om so ’n toer moontlik te maak word daar hard gewerk agter die skerms en daarom sê ons baie dankie aan die toerorganiseerders van HJS, mnre. Cloete en Blom, en ook die ouers wat spelers die geleentheid gegee het om te gaan krieket speel in die tuiste van krieket. Ons het ook twee van ons oudstudente, mnre Stanton Kamalie en David Stofberg, wat diep spore in HJS se krieketgeskiedenis getrap het, vanjaar gegroet. Ons sal hulle onthou vir die ware manier waarop hulle HJS se krieket ge- speel en gedra het deur die jare. Hulle was en sal altyd ’n voorbeeld wees van ’n ware heer op en ook langs die krieketveld. HJS spog ook met twee internasionale spelers wat onderskeidelik Suid-Afrika en ook Namibië op o. 19-vlak verteenwoordig het. Shaun Fou- ché, 1ste XI-kaptein, het Namibië aan die begin van die jaar in die o. 19-Wêreldbeker in Nieu- Seeland verteenwoordig. Achille Cloete het in Junie vir die SA o. 19-span teen Engeland in drie toetse en ’n paar eendagwedstryde gespeel. Ons spog ook met twee dubbel-hondertalle hierdie jaar (Johan Cronjé 200 teen Somer- set College vir die o. 19B-span en Lieben En- gelbrecht 205 teen Somerset College vir die o. 14A-span). Shaun Fouché se 130 teen Wyn- berg vir ons 1ste XI was ook ’n kolfbeurt wat

nog lank onthou sal word. Al drie hierdie prestasies is op Brugstraat aangeteken wat ’n aanduiding is van hoe goed ons krieketfasili- teite vanjaar was. Ons het in hierdie seisoen te midde van een van die ergste droogtes nog hier in die Wes-Kaap gespeel. Ons terreinpersoneel onder leiding van mnre Hennie Carstens en Johan Swart was uitstekend en ons is baie dank- baar vir hulle harde werk. Hierdie jaar se BPL was ook een van die hoogte- punte op die krieketkalender. Ons gassprekers hierdie jaar, mnre. Jacques Rudolph, Kruger van Wyk en Stiaan van Zyl, het bygedra tot ’n baie suksesvolle Gala-aand in Paarl se stadsaal. Ons het agtien wedstryde in drie dae gespeel om vanjaar se wenner te bepaal. Die wenspan vir die BPL 2018 was die Stanton Kamalie XI-tal geborg deur mnr JC de Clerk. Baie dankie aan al die borge wat die BPL moontlik gemaak het. Michael Papenfus (Boland o. 17A), Brenton Manuel, Kieran Williams, JJ Lambrects en Achille Cloete (almal Boland o. 18A) is vanjaar ons provinsiale verteenwoordigers. Ons is baie trots op ons krieketspelers en die resultate, gedrag en deelname was weer eens van ’n hoë gehalte. Ons kolwers spog met agt hondertalle of meer en ons boulers met ses- tien vyf-paaltjie-vertonings of meer! Ons 1ste XI speel sewe en twintig wedstryde waarvan ons sewentien wen, drie gelykop eindig en slegs sewe wedstryde verloor. Van die sewe westryde wat ons verloor het, sluit in vier voor- seisoense wedstryde, een wedstryd in die Cape Schools-toernooi, een wedstryd in ’n T20-kom- petisie en slegs een ligawedstryd. Die 1ste XI het dus ’n baie goeie seisoen agter die rug en die hoogtepunt is vir seker die Interskole-oorwin- ning met vier paaltjies.

BOISHAAIER 2018 / Krieket / Cricket

117

BOISHAAI 150 YEARS

Made with FlippingBook Online newsletter