Boishaaier 2018

Gholfverslag

EERSTE KWARTAAL 2018

Die formaat van deelname van skole in die Boland Gholfunie-distrik is dieselfde as verlede jaar. Die topskole skryf al hulle spanne vir die eerste liga in. Die wedstryde vind op Maandae op verskillen- de bane in die Boland-area plaas. Die spelformaat gedurende die somer is steeds houespel (medal) op ’n nul-voorgee. Eerste liga bestaan uit die volgende skole: HJS, Paarl Gimnasium, Parel Vallei, Paul Roos en Somer- set College UITSLAE VAN DIE WEDSTRYDE: HJS vs Paul Roos HJS se eerste span wen met sewe houe HJS 146; PRG 153 Die tweede span wen met 10 houe HJS 166; PRG 176 Die derde span wen met 2 houe HJS 164; PRG 166 HJS vs Somerset College HJS se eerste span wen met 3 houe HJS 152; PRG 155 HJS vs Parel Vallei HJS se eerste span wen met 24 houe HJS 158; PRG 182 Die tweede span wen met 39 houe HJS 155; PRG 194 Die derde span speel 151 houe. HJS vs Paarl Gimnasium HJS se eerste span wen met 13 houe HJS 155; PRG 168 HJS se tweede span wen met 34 houe HJS 161; PRG 195 Die derde span speel 172 houe. HJS se tweede en derde spanne speel teen mekaar (tweede span 157; derde span 162).

Die Individuele Gholfkampioenskap vind weer eens plaas op die laaste Maandag van die kwar- taal te Robertson. Die 60 topspelers uit die Boland word genooi, onder wie die volgende 17 HJS-spelers: Daniel Cronjé, Francois Cilliers, Tyran Snyders, Ian du Plessis, Michael Papenfus, Wiann van der Mer- we, Jack Cloete, Tian Heyl, John Rabie, Chris- tian Swart, Ryk de Kock, Thomas Esterhuyse, Juvan Kotze, Janus Roberts, Phillip Coetzee, Dehan Hey en Ajay Klaver. Swingfit ’n Groep van sewe spelers kry elke Woensdag professionele afrigting te Pearl Valley. Die seuns geniet dit baie en bevestig dat dit tot hulle voor- deel is. HJS kan reeds diepte in hulle spanne waarneem wat aan die goeie, gevorderde afrig- ting toe te skryf is.

TWEEDE KWARTAAL 2018

Ons het hierdie kwartaal een wedstryd gespeel. Die formaat in die Winterliga is Stableford op ’n 18-voorgee en ons het drie spanne hiervoor ingeskryf. HJS vs Parel Vallei te Boschenmeer Eerste span wen met 33 punte (HJS 102; PV 69). Tyran Snyders speel ’n fenominale ronde van 31 punte (32 houe oor 9 gate). Francois Cilliers speel self 28 punte (35 houe). Tweede span wen met 35 punte. (HJS 86; PV 51). Derde span klop PV se tweede span (HJS 61; PV 51).

HJS skryf twee spanne in vir die Boland Ho- ërskole-gholfkampioenskap waar 12 spanne meegeding het. Die kompetisie het in Worcester plaasgevind. Die beste drie uit vier tellings word geneem en ons eerste span wen die kompetisie met 225 houe. Dit was ’n uiters onplesierige dag met baie sterk weste winde, warm bergwindtoe- stande en enkele reëndruppels. Tyran Snyders speel die beste telling van die dag, nl. ’n pragti- ge 73. HJS word op grond van die dag se uitslae ook na die jaarlikse Nasionale Kampioenskap genooi wat 2 tot 3 Augustus te Devonvale gaan plaasvind. gedrag is getoon. Die eerste span speel gelykop 4.5 – 4.5. In pare wen Daniel Cronjé en Tyran Snyders. Francois Cilliers en Ian du Plessis speel gelykop. In die individuele putjiespel wen Da- niel Cronjé, Tyran Snyders en Francois Cilliers. Die tweede span verloor 3 – 6. In pare-kompeti- sie wen Wiann van der Merwe en Johan Cronjé. In individuele putjiespel wen Christian Swart, en beide Wiann van der Merwe en Johan Cron- jé speel gelykop. Die derde span verloor 1 – 5. Ryk de Kock klop sy opponent.

Vyf spelers neem vanaf 24 tot 27 April aan die Westville Boys’ High Sun City Golf Festi- val-kompetisie deel. Baie goeie spel word gele- wer en HJS eindig sewende uit 27 spanne. Die beste vier tellings op die onderskeie dae was: Dag 1: Daniel Cronjé 79, Ryk de Kock 85, Michael Papenfus 86, Dehan Hay 88 Dag 2: Daniel Cronjé 70, Jack Cloete 81, Michael Papenfus 86, Dehan Hay 87 Dag 3: Daniel Cronjé 71, Ryk de Kock 82, Jack Cloete 84, Dehan Hay 89 Daniel Cronjé het algeheel derde gekommet een hou (220) agter die twee wenners. Hy het ook saam met een ander speler die beste ronde (70 houe) oor drie dae gespeel. In die wedstryd teen Grey College te Paarl speel drie HJS-spanne teen drie Grey-spanne. Die kompetisie vind vanjaar op Devonvale plaas en die spelers slaan reeds 07:15 af en maak eers 17:00 klaar. Die kompetisie vir eerste en twee- de spanne word oor 36 gate beslis. Die formaat vir die eerste en tweede spanne die oggend was 4BBB-putjiespelformaat in pare en die twee- de 18 op ’n individuele putjiespelformaat. Die derde span speel slegs 18 gate op ’n individuele putjiespelformaat. Dit was ’n lang dag en goeie sportmanskap en

Twee o. 15-Bolandspanspelers, naamlik Janus Roberts en John Rabie is vroeër vanjaar gekies om aan ’n toernooi te Katberg-gholflandgoed in die Oos- Kaap deel te neem. Janus het baie goed presteer. Die volgende vyf spelers van HJS word in die Bolandspan opgeneem wat na die 2018 Driehoekige Toernooi genooi word wat gedurende 25 tot 27 Mei op Robertson-gholflandgoed plaasvind: o. 19-span

Daniel Cronjé Ian du Plessis Thomas Esterhuyse o. 15-span Janus Roberts John Rabie

BOISHAAIER 2018 / Gholf / Golf

Nog twee spelers van HJS word in die WP-span opgeneem en word ook na bogenoemde toernooi genooi:. o. 19-span Francois Cilliers o. 17-span Tyran Snyders

107

BOISHAAI 150 YEARS

Made with FlippingBook Online newsletter