Boishaaier 2018

’n Kriptiese Geskiedenis van Gholf by HJS

Gholf word sedert die 1880’s in die Paarl ge- speel, maar dit is eers in 1959 dat die sport vir die eerste keer by die Hoër Jongenskool Paarl aangebied word. Die afrigters is Chum Ochse, Springbokvleuel en sportliefhebber, en Chris Schoombee. Die eerste gholfverslag, in die 1960-jaarblad, maak melding van ses spelers. Die sport groei vining tot 16 spelende lede en in 1964 word die skool se eerste kampioenskap- stoernooi oor 18 putjies gespeel. Dit het sedert- dien ’n jaarlikse instelling geword. In 1965 vind die eerste Interskolekompetisie, teen die Ho- ërskool DF Malan, plaas. Spelers oefen op die pragtige baan van die Paarl Gholfklub, toe langs die Bergrivier geleë, waar die Boy Louw-velde tans is. Vandat die klub na Boschenmeer ver­

skuif het, speel leerders op dié pragtige baan. Kort hierna maak HJS-spelers indruk. Die jaar 1977 is ’n merkwaardige een vir gholf aan die HJS. David Frost word vir die Weste- like Provinsie juniorspan gekies; die eerste van vele prestasies vir een van Suid-Afrika se top spelers. Reeds in 1975 het Ochse ’n blink toe- koms vir Frost voorspel. Laasgenoemde het sy Springbokkleure verwerf en vier jaar ná skool professioneel begin deelneem. In sy loopbaan het hy 31 professionele kampioenskappe ge- wen, insluitend 10 PGA-toernooie. En drie keer die Miljoendollar Gholftoernooi. Hy het sy alma mater ondersteun met ’n beurs- fonds vir belowende gholfspelers en die oprig- ting van ’n toegeruste gimnasium, die David Frost Sportsentrum.

Nog ’n familie wat ook baie betrokke was by HJS-gholf is die O’Kennedys. In 1978 eindig Len O’Kennedy sesde in die SA Junior Ope en ontvang later provinsiale kleure. Ook hy word ’n beroepspeler. Len en sy seun, Hennie, is die enigste pa-seun-vennootskap wat tot op hede die Interhuiskampioenskapstitel kon wen. HJS het die afgelope twee dekades verskeie uit- blinkerspelers gelewer. Spelers soos Henri van Waart, Joubert van Eeden, Henk Kleynhans, Jan-Henry Jordaan, Daniel Mantel, John Coert- ser, Marc Callanan, Lourens Kleynhans, Henri Germishuys. Die mees onlangse spelers is in die laaste klompie jaarblaaie opgeteken. HJS het ook hierdie jaar die hoogste posisie ooit in ’n SA Skoletoernooi, naamlik derde plek, los- gespeel.

BOISHAAIER 2018 / Gholf / Golf

106

BOISHAAI 150 YEARS

Made with FlippingBook Online newsletter