Boishaaier 2024
Homage to ...
DEREK ADRIAAN SWART
Richard Visagie
DEREK ADRIAAN SWART DEREK ADRIAAN SWART DEREK ADRIAAN SWART DEREK ADRIAAN SWART
Derek Swart begin sy laerskoolloopbaan by ’n plaasskool in Dal Josafat en later by die laerskool Gimnasium. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Hugenote, en verwerf ’n MA-graad oor die ontwikkeling van die Drama in Afrikatale, asook ’n Hoër Onderwysdiploma, aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy studeer Bedryfsielkunde en Rekeningkunde deeltyds deur Unisa en verwerf Rekenaarpraktyk N5. Buiten die graad 6-sertifikaat in elektriese kitaar deur die Trinity School of Music in Londen, verwerf hy ook ’n LLB-graad. Ná sy weermagjare, waartydens hy tot die rang van luitenant bevorder is, begin hy sy onderwysloopbaan by die Hoërskool DF Malan. Vanaf 1997 is hy adjunkhoof en koshuisvader by Worcester Gimnasium. In 2002 aanvaar hy die hoofskap by die Hoërskool Monument Park, en in 2007 word hy by die Hoër Jongenskool Paarl as hoof aangestel. Hy is ’n ervare rugbyafrigter, en onder sy leiding verwerf baie seuns hul provinsiale en SA Skolekleure. Hy rig ook klub- en provinsiale rugby af. Hy spits hom toe op die gebied van musiek en skryf, en is onder andere die outeur van ’n musiekblyspel en ’n bekroonde skooldrama. Hy bied ook ’n musiekprogram, Derek’s Classics , op ’n plaaslike radiostasie aan. Sy stokperdjie is stories versamel; hy het reeds ’n boek, Hartkamers , met stories gepubliseer. Daarbenewens tree hy gereeld op met die rock-/blues-orkes, Derek and the Dominant Ou’s . In 2009 word Landbouwetenskappe by HJS heringestel en word HJS as een van die toptien-akademiese skole in die Wes-Kaap aangewys. Die HJS-koor en ’n tromorkes ( drumline ) word gestig en die Kultuurweek ingestel. Interaktiewe witborde en mimeo-toestelle word aangeskaf en elke klaskamer word met ’n rekenaar en projektor toegerus. Internetkafees word in die koshuise aangebring en vakke soos Rekenaartoepassingstegnologie en Ingenieursgrafika en -ontwerp word ingevoer. ’n Webwerf, die kwartaallikse Kollig/Spotlight , en ’n weeklikse elektroniese nuusbrief bekend as die Boys’ High Blitz word ingestel. Mnr Swart doen ook moeite om hulde te bring aan oudonderwysers, soos deur die instel van die Bene Meriti-bord met die name van personeel wat die skool vir 15 jaar en langer gedien het, asook die Brugstraat Burger , ’n toegangskaart tot die HJS Brugstraat-sportstadion en klubhuis vir afgetrede of uitgetrede personeel wat baie tyd aan sport by die HJS spandeer het.
Mnr Swart het onlangs die Kader Asmal Lifetime Achievement-toekenning van die Nasionale Departement van Basiese Onderwys ontvang vir ’n uiters suksesvolle en betekenisvolle onderwysloopbaan. Inklusiwiteit Mnr Swart het inklusiwiteit in die skoolgemeenskap aktief bevorder. Hy het beleide en praktyke geskep wat verseker het dat alle leerders, ondanks hulle agtergrond, vermoëns of omstandighede, gewaardeer en ondersteun gevoel het. Deur die daarstelling van ’n kultuur van wedersydse respek en aanmoediging het hy diversiteit aangemoedig en verseker dat elke leerder gelyke toegang tot geleenthede vir sukses gehad het. Die feit dat soveel seuns oor al die verskillende vertakkinge van die gemeenskap uitsonderlike Mr Swart is a visionary leader who set a clear direction for the school, fostered academic excellence and main tained high standards for both students and staff. He communicated effectively, made sound decisions, and could think on his feet, even under great pressure. He created a supportive and inclusive environment that encouraged growth and learning for everyone. He also engaged with the community, built strong relation ships and remained adaptable in a changing educational landscape. His empathy and approachability made him a trusted figure who positively influenced the entire school, ensuring its success and the well-being of its stakeholders. He reinforced his open door policy with parents’ evenings following every test series and exam. Constructive feedback strengthened the collaboration between parents and the school and bolstered trust in the school’s academic processes. Mr Swart motivated by leading with passion, integrity and a commitment to excellence. By setting high expectations sukses bereik het, getuig hiervan. Exceptional leadership
8 BOISHAAI 156 YEARS
Made with FlippingBook flipbook maker