Boishaaier 2024

Winter Interschools

Winter Interskole

Willem Erwee

Ons 107e Paarl Winter Interskole het vanjaar weer eens nie ’n tree teruggestaan vir enige van die vorige Interskole weke nie. Die hoofaktiwiteite is weer ingelui deur ons tradisionele sop-en-sopie-aand saam met Hoër Meisieskool en Klein Boishaai se personeel. Die tradisionele binnenshuise aksienetbal en -krieket twee weke voor Interskole tussen die oudleerders teken weer die begin van die kragmetings vanjaar aan. HJS se Old Boys klop vir Gim (129 – 117) en die Golden Oldies van Gim klop HJS (110 – 107). Dit word gevolg deur die bekende Blouaand die Maandagaand waar die HJS-personeel saam met hul oudleerders by Aandklas in Stellenbosch gekuier het. Dinsdag blink ons skaakspanne weer uit. Vier spanne speel waarvan 3 wen en een gelykop eindig: Vierde span 4 – 4, derde span 7.5 – 0.5, tweede span 5.5 – 2.5 en eerste span 6 – 2. By the time the Old Boys hockey took place, Interschools was in full flight. PBH Old Boys won 2 – 1 while Paarl Gym’s Golden Oldies won 2 – 0. By Wednesday it was the turn of our Old Boys rugby teams. Paarl Gym won the 5-year group game 24 – 5 as well as the Golden Oldies game with 22 – 0. The Old Boys drew 11 – 11.

Al HJS se gholfspanne het hul wedstryde gewen. Die vierde span wen 4,5 – 1,5, die derde span wen 5 – 1, die tweede span wen 5 – 1 en die eerste span wen 6 – 0. Vrydagoggend is afgeskop met die Groot Brag in die skoolsaal waar al die A-spanne hul pette ontvang het. Ons spreker, Ernie Steenkamp (HJS matriek 1995), het almal se koors goed opgejaag met sy passievolle praatjie. Die middag het ons rugbyspanne op Gimnasium se velde kragte gemeet, gevolg deur die tradisionele oudstudente Groot Brag in die stadsaal. Saterdagoggend was die o. 16A-, tweede en eerste hokkiespanne se beurt. Ons eerste en tweede spanne verloor albei 2 – 0 terwyl die o. 16A-span met 1 – 0 wen. Die rugby by Faurestraat het weer voor ’n volgepakte stadion afgespeel. Ons o. 15A-span verloor 9 – 17, o. 16A verloor 7 – 12, die tweede span wen 41 – 15 en die eerste span verloor 30 – 8. Ons sluit 2024 se Paarl Interskole-week weer eens af met ons tradisionele Krymekaar-funksie in die skoolsaal. In die woorde van meneer Tom Engela: “A good time was had by all!”

AARL WINTER INTERSKOLE PAARL WINTER INTERSCHOOLS PAARL WINTER INTERSKOLE PAARL WINTER INTERSCHOOLS AARL WINTER INTERSKOLE PAARL WINTER INTERSCHOOLS PAARL WINTER INTERSKOLE PAARL WINTER INTERSCHOOLS AARL WINTER INTERSKOLE PAARL WINTER INTERSCHOOLS PAARL WINTER INTERSKOLE PAARL WINTER INTERSCHOOLS

168 BOISHAAI 156 YEARS

Made with FlippingBook flipbook maker