Boishaaier 2024
Cross Country
Landloop
Annette Fourie
Verskeie skole in die Weskus-Wynlandstreek neem Woens dae aan vriendskaplike landloopbyeenkomste deel. Die atlete hardloop ongeveer 4 km en neem onderskeidelik in ’n senior en junior afdeling deel. Elke skool kry ’n beurt om ’n byeenkoms aan te bied. Daar was agt byeenkomste op Woensdae – vyf in kwartaal 2 en drie byeenkomste in kwartaal 3. Van die HJS-seuns is ook by ander sportsoorte betrokke en kan dus nie aan elke wedloop deelneem nie. Dankie aan elke atleet wat gereeld oefen en met entoesiasme tyd vir landloop inruim. Ons afrigter, mnr Francois van Rensburg, stuur elke Son dag vir die seuns ’n oefenprogram en oefentye vir die komende week. Hulle oefen getrou drie maal per week; die middelafstandatlete gebruik die landloop as hul voorberei ding vir die atletiekseisoen. Ons waardeer Francois se entoesiasme en opoffering. Ons atlete se prestasies spreek van sy toewyding. Twaalf HJS-landloopatlete het op Vrydag 10 Mei aan ’n wedloop in Bloemfontein by Vrystaat Universiteit teen Grey Kollege meegeding. Slegs die eerste vier junior atlete en die eerste sewe senior atlete per skool, per ouderdoms groep, se tye is gebruik om die uitslag te bepaal. Die span met die laagste telling is die wenner. HJS het die junior wedloop 15 – 6 verloor maar die senior wedloop met 53 – 56 gewen. Die baan was ongelyk en sanderig; ons atlete het gesukkel om hul ritme te kry, maar ons is trots op elke atleet se deelname en mooi gesindheid.
Interskole-landloop het op Woensdag 24 Julie 2024 in die arboretum plaasgevind. Hoërskool Gimnasium het die byeenkoms gereël en atlete van HJS, HMS en Gimnasium het deelgeneem. Die betrokke skole het vooraf besluit om geen beperking op die getal deelnemers te plaas nie maar om die byeenkoms te beskou as ’n geesbouaktiwiteit vir alle sportsoorte. Ver skeie HJS-rugby- en hokkiespanne het deelgeneem en HJS wen die junior en senior Interskole-landloop 2024 vir seuns oortuigend. Baie geluk aan al ons atlete en deelnemers. Daar het 133 HJS-atlete aan die Interhuis-byeenkoms deel geneem. Baie dankie aan die personeel wat beamptes was. Die finale uitslag was soos volg: Posisie Huis 1 Imhoff 2 Monte Bello 3 Bellevue 4 Villieria 5 Berlyn 6 Zeederberg Baie geluk aan Ryan Swanepoel wat vir die Boland o. 17-landloopspan gekies is. Dankie aan die atlete wat vanjaar deelgeneem het en 4 km vir HJS gedraf het. Ons sien uit na ’n besige 2025-seisoen.
Landloop Agter: Aidan Louw, Henry Chamberlain, Andro Louw, Heini Smit, Liam Erasmus, Alec Visser, Christoff Prins, Ronan Macey, Le Roux Terblanche, Philip Strauss Voor: Reuben Oosthuizen, Michael Albertze, me R Röhrs, Ryan Swanepoel, me A Fourie, Lukas Coetzee, Joshua Petersen
152 BOISHAAI 156 YEARS
Made with FlippingBook flipbook maker