Boishaaier 2024
Squash
Muurbal
Deborah Redelinghuys
Muurbal het ’n jaar vol gemengde resultate beleef. Ons het oorwinnings ervaar wat ons met trots gevul het; daar was egter ook teleurstellings. Ons eerste span het al hul ligawedstryde in die Superliga gewen waarop ons geweldig trots is, maar ons het twee groot nederlae teen Grey Kollege en Paarl Gimnasium gely. Ons tweede span en o. 15A’s het 70% oorwinnings behaal. Ons het ook vier spelers in die Bolandspan gehad. Sukses word nie deur ’n perfekte rekord bepaal nie. Dit word bepaal deur groei, deur hoe ons teenspoed hanteer en hoe ons as ’n span saamstaan wanneer dinge moeilik raak. Ek het oomblikke van briljantheid by elkeen van die spelers gesien. Ek het veerkragtigheid gesien wanneer die druk hoog was; ek het ook gesien hoe hulle mekaar ondersteun. Die belangrikste ding is nie waar ons die seisoen eindig nie, maar hoe ons hiervandaan vorentoe beweeg.
Muurbal 1e span o. 19A Agter: Sebastian Mostert, Jethro Deacon, Markus de Beer, Charl-Sias Möller Voor: Lee Rothman, mnr C Crous (afrigter), Josh Freeborough (k), me D Redelinghuys, mnr D Swart
150 BOISHAAI 156 YEARS
Made with FlippingBook flipbook maker