Boishaaier 2024

Bois Shoppe

BOIS SHOPPE

Anna-Marie Schoeman

My ouma het altyd gesê: “Moet net nooit opgou groei nie, my kind,” en daarom het die Bois Shoppe vanjaar net van krag tot krag gegaan. Hiermee my opregte dank aan die bestuur van die skool, die personeel en die ouers wat dit moontlik maak om die Bois Shoppe op ’n hoë vlak te bestuur. Ons het vanjaar die volgende nuwe items in die winkel bekend gestel: • Die eerste van ons #BoishaaiBokke Nr.1 mini rugbyballe, opgedra aan Frans Malherbe. • Die nuwe kriekethelmet-oortreksel. • ’n Professionele Boishaai hokkiestoksak, wat in alle pakbehoeftes voldoen en maklik in ’n bus laai. • ’n Boishaai-langmoutop vir die manne wat in die oorgangseisoen sport beoefen. • Nuwe micro fibre swemhanddoeke vir ons swemmers en waterpolospelers. • ’n HJS-sportsak met ’n splinternuwe baadjie! ’n Spesiale woord van dank aan elke Boishaaier wat gereeld kom inloer. Ek ervaar ons seuns se goeie gedrag, vriendelikheid en spontaneïteit op ’n daaglikse basis. Dit maak dit ’n absolute plesier om die winkel se deure elke oggend oop te sluit.

BOIS SHOPPE BOIS SHOPPE BOIS SHOPPE BOIS SHOPPE BOIS SHOPPE BOIS SHOPPE BOIS SHOPPE BOIS SHOPPE BOIS SHOPPE BOIS SHOPPE BOIS SHOPPE

BOISHAAI 156 YEARS 15

Made with FlippingBook flipbook maker