Boishaaier 2024

Tennis

Tennis

Erik Bester

Aan die einde van 2024 kyk ons terug na ’n baie suksesvolle jaar vir tennis by HJS. Ons is baie trots op al ons seuns se prestasies en die mooi vordering in tennis by HJS. Daar het in 2024 bykans 70 seuns die geleentheid gehad om aan ’n tenniswedstryd deel te neem. In die tennisliga neem ons deel met 12 tennisspanne en ons spanne wen ongeveer 90% van alle wedstryde. Tydens Interskole-tennis 2024 vaar ons spanne uitstekend toe al sewe spanne hulle wedstryde wen sonder om enige enkels- of dubbelswedstryde te verloor: o. 15D (6 – 0), o. 15C (6 – 0), 15B (6 – 0), 15A (6 – 0), 19C (6 – 0), 19B (6 – 0) en ons eerstespan (9 – 0). Ons het aan verskeie skoletoernooie deelgeneem. Hier volg die uitslae: • Die David Samaai-toernooi aangebied deur HJS: Ons o. 15A-span behaal die tweede plek nadat hulle in die finaal 4 – 5 verloor teen Paul Roos. Die HJS-uitnodigingspan neem ook deel en eindig sesde uit agt skole • Die Boland Landbou o. 15-toernooi 9 en 10 Februarie: Die o. 15A-span eindig weer in die tweede plek. • Die Gerrie Berner-toernooi in Stellenbosch 14–17 Februarie: Die eerste span begin baie goed in die groepfase; hulle klop Waterkloof 4 – 3, Affies 6 – 1, Stellenbosch 7 – 0 en Oakdale 7 – 0. In die laaste groepwedstryd val ons vas teen ’n sterk span van Westville. Weens al die reën word oorkruiswedstryde gekanselleer en ons speel uit vir derde en vierde plek. In ’n baie spannende wedstryd klop ons Grey Kollege 4 – 3 en eindig in die derde plek uit 12 skole. Baie geluk aan ons eerste span: Dawid Scholtz, Toit Malan, Ulrich Nienaber, JC Paul, Luhan van Niekerk, Zak Oosthuizen en Marno van der Merwe. • Die CR van der Merwe-tennistoernooi aangebied deur Curro Durbanville 29 Februarie tot 2 Maart: Die HJS uitnodigingspan speel teen ander skole se eerste spanne en presteer soos volg: In die groepfase klop hulle Stellenbosch 6 – 0 en Durbanville 5 – 1. Hulle verloor 2 – 4 teen Bellville. In die semifinaal klop hulle Paarl Gim 4 – 2 en gaan deur na die finaal. Hulle speel weer teen Bellville en verloor 2 – 4. Ons behaal dus ’n uitstekende tweede plek. • Die Marili Moolman-toernooi in Cradock in die derde kwartaal: Die HJS-uitnodigingspan wat bestaan het uit o. 15-, tweede- en derde spanspelers, het uitstekend gevaar en 3e gekom uit 16 skole. Hulle klop Diamandveld 21 – 7, Werner Joubert-tennisakademie 27 – 0 en Cradock 21 – 7. Ons verloor teen Pearson 6 – 13, klop Waterkloof 13 – 4 en klop Paarl Gim 13 – 11. • Grey Kollege-tennistoernooi 3–6 Oktober: Op dag 1 klop

ons eerste span vir Grey 4 – 3 en Kearsney 6 – 1. Op dag 2 klop hulle Waterkloof 6 – 1. Ons wen ons groep en speel teen St Stithian’s in die semifinaal en klop hulle 4 – 2. In die finaal val ons vas teen Paul Roos en eindig tweede – ons beste by hierdie toernooi! • Boland landbou-toernooi 4 en 5 Oktober: Die tweede span speel teen ander skole se eerste spanne. Alhoewel hulle onoorwonne was, eindig hulle in die derde plek. • Die Hugenote-tennistoernooi 11 en 12 Okrober: HJS wen die toernooi. • Die Maretha Burger-toernooi 18 en 19 Oktober: Ons o. 15-span speel saam met die meisies van Hoër Meisieskool en eindig derde. Verskeie van ons seuns het ook baie goeie individuele prestasies behaal: • Dawid Scholtz is na Tennis Suid-Afrika se Junior Masters genooi en behaal die algehele vyfde plek as agste gekeurde. • Tydens die Western Cape Cavaliers (Boland) einde 2023 se proewe het ons seuns uitstekend gevaar: seuns o. 19: Dawid Scholtz (1), Ulrich Nienaber (3) en Toit Malan (4) en seuns o. 15: Zak Oosthuizen (2) en Luhan van Niekerk (3). • Luhan van Niekerk eindig by die Junior Nasionale Toernooi asook Vrystaat Super7 in die negende plek; by die Cape Town Grand Prix eindig hy in die derde plek. • Dawid Scholtz en Toit Malan speel albei in die IPN Cape Town- asook IPN Stellenbosch-toernooi. Dawid haal in die Kaap die semifinaal en in Stellenbosch die kwarteindronde. Toit haal in albei toernooie die kwarteindronde. • Dawid eindig by die Junior Nasionale Toernooi negende vir seuns onder 18 en haal ook die semifinaal van die dubbels. • Zak Oosthuizen eindig vierde by die Cavaliers Mini in die Strand. Verskeie seuns het aan TSA, ITF en IPN-toernooie deel geneem. • Luhan van Niekerk eindig tweede by die TSA Eden Grand Prix. Luhan en Quinn Smith eindig ook tweede in die dubbels. • Dawid Scholtz haal die kwarteindronde in die ITF toernooi in Pretoria. • Dawid Scholtz en Toit Malan neem ook deel aan die IPN Dollar-toernooi. Albei haal die semifinaal. • Dawid Scholtz en Zak Oosthuizen word albei gekies vir SA Skolespanne. Hulle woon ’n oefenkamp by en speel vir die SA-span ’n vriendskaplike wedstryd.

146 BOISHAAI 156 YEARS

Made with FlippingBook flipbook maker