Boishaaier 2024
Cricket
Krieket
Johann Louw
HJS is baie trots op dit wat ons as afrigterspan vermag in krieket. Ons is baie trots op ons skool se krieketfasiliteite en ons krieketkultuur. Ons is ook baie bevoorreg met goeie ouer- en Beheer liggaamondersteuning. Ons is baie dankbaar om nog ’n stel krieketnette onder by Brugstraat te kon oprig. Dit gee vir ons die vermoë om ons krieketprogram verder te kan uitbrei en meer seuns vir langer die geleentheid tot gehalte oefening te gee. Ons is ook baie trots daarop dat ons elke naweek die meeste krieketspanne van alle skole in Suid-Afrika in die veld sit. Met die oog op konstante verbetering en om op die voorgrond van die spel te bly, kondig ons met trots en dankbaarheid aan dat HJS nou die enigste skool van sy soort is om in al drie krieketafrigtingdissiplines ’n oud By Hoër Jongenskool Paarl is dit vir ons baie belangrik om seuns aan ander toestande en spel omstandighede bloot te stel, en dus reël ons vele toere deur die jaar. Die afgelope seisoen was die volgende spanne op toer: • o. 14A (Charl van Rooyen in Johannesburg) • o. 15B (Somerset College Festival) • o. 15A (Grey High School Festival in Port Elizabeth) • o. 19C (Punt Krieketfees in Mosselbaai) • o. 19 B (Diamantveld- en Paarl Gimnasium-krieketfees) • o. 19 A (Noord/Suid-toernooi; HJS-krieketfees; Somerset College Festival) Verder bied HJS in Januarie een van die grootste krieket feeste in die land aan met 54 spanne waarvan ons o. 19A- Protea-speler as afrigter te hê: • Hardus Viljoen (snelbouler) • Shaun von Berg (draaibouler) • Stiaan van Zyl (kolwer)
en o. 15A-spanne deel vorm. Tussen al ons spanne het ons tot op hede 153 wedstryde gespeel waarvan ons 116 gewen het – ’n respektabele 75% oorwinnings. Dit vereis ’n groot hoeveelheid werk van die sportkantoor en veral mnr Cloete verdien groot lof en dank hiervoor. Ons is trots om nege seuns by die onderskeie Boland krieketspanne ingesluit te hê: Boland o. 16 Aden Batt; Reese Peterson; Abriam Jacobs; Ra-eez Isaacs; Daniel Francke Boland o. 19 JJ van der Sandt; Johan Wege; Christiaan Wege; Marco Cato Vanjaar se Interskole-krieket was ook ’n hoogtepunt vir HJS. Ons het 13 van die 16 wedstryde gewen, en met die eerste span wat Gimnasium se telling in die 26e boulbeurt met slegs vyf paaltjies plat verbygesteek het, was voorwaar ’n goeie vertoning! Welgedaan aan al die spanne met ’n suksesvolle seisoen. Baie dankie aan elke afrigter vir die lang ure in die son en die mooi manier waarop julle met die seuns werk. Ons dank aan mnre Hennie Carstens en Johan Swart en hul span wat die velde, kolfblaaie en grasnette vir ons voorberei. Ons het opregte waardering vir die tyd en werk wat julle vir ons insit. Die etes en drankies wat die dames van die koshuis altyd so getrou vir ons gereed het is vir ons baie werd. Dan, ’n spesiale dank aan ons ouers vir hul volgehoue ondersteuning deur dik en dun; sonder julle kan ons dit nie doen nie. Laastens wil ek vir elke speler van HJS baie dankie sê vir hul gesindheid, hul tyd, hul lang ure in die son, en die manier waarop hulle krieket speel en die HJS se naam hoog hou. Ons is regtig trots op julle!
Krieket o. 19A Agter: Aden Batt, Marco-Junior Cato, Daniël Lombard, Gideon du Toit, Rubin Dames, Henau Visser, Gysbert le Roux, Francois van der Merwe, Christian van Zuydam, Pieter Gildenhuys Voor: Ronaldo Windvogel, JJ van der Sandt, mnr JC de Clerk (afrigter), Christiaan Wege (k), mnr J Louw (afrigter), Johan Wege, mnr D Swart, Dian van der Westhuizen, Roux Meyer
128 BOISHAAI 156 YEARS
Made with FlippingBook flipbook maker