Boishaaier 2024

Gholf

GHOLF GHOLF GHOLF GHOLF GHOLF GHOLF GHOLF GHOLF GHOLF GHOLF GHOLF GHOLF GHOL GHOLF GHOLF GHOLF GHOLF GHOLF GHOLF GHOLF GHOLF GHOLF GHOLF GHOLF GHOLF GHOL GHOLF GHOLF GHOLF GHOLF GHOLF GHOLF GHOLF GHOLF GHOLF GHOLF GHOLF GHOLF GHOL GHOLF GHOLF GHOLF GHOLF GHOLF GHOLF GHOLF GHOLF GHOLF GHOLF GHOLF GHOLF GHOL

GHOLF

Willie Nel

Entoesiasme vir gholf onder die HJS-leerders is bewys toe daar aan die begin van die jaar 84 seuns vir proewe aangemeld het met die hoop om vir een van HJS se vier gholfspanne te kwalifiseer. Vanjaar het vir al die gholfspelers in HJS ’n uitdaging ingehou. Die standaarde wat die voorgangers gestel het was byna onbereikbaar, maar harde werk en toewyding plus buitengewone leierskap het die teendeel bewys. Die eerste span het gholf na die volgende vlak geneem. Ons het nederig gebly en elke kompetisie met oorgawe aangepak. In elke kompetisie waaraan ons deelgeneem het was ons óf die wenners óf tweede. Gerhard van der Merwe se vermoë om sy span saam te bind en te motiveer om beter te wees as die vorige dag het groot vrugte afgewerp. Sy leuse van “stay in the moment” het deel gevorm van ons daaglikse benadering tot wedstryde – dankie daarvoor, Gerhard. Niks sou moontlik gewees het as dit nie vir sy medespelers was wat meedoënloos onder mekaar gekompeteer het nie; almal het gestrewe na die nommer 1- of 2-gholfposisie in HJS. Graag hou ek die volgende prestasies van HJS se gholf aan u voor soos die seisoen gevorder het: • Somerliga-wenners • Winterseisoen-naaswenners • Afrikaans Seuns Hoër Uitnodigingstoernooi-wenners • Sun City-wenners (twee keer ná mekaar) • Justin Harding-wenners (twee keer ná mekaar) • Wenners van Grey-kompetisie (al vier spanne) • Bolandliga-naaswenners (en die tweede span was derde)

Wat maak hierdie prestasies so uniek? Al die kompetisies was op vreemde bane en onder uitdagende omstandighede, teen baie hoë onkoste, met ver reisafstande, en akademie wat agtergeraak het en weer ingehaal moes word. Dankie aan elke ouer se bydra en aanmoediging op elke terrein – ’n ware HJS-familie wat elke jaar Sun City toe gaan om te ondersteun. Dankie aan elke onderwyser wat werk weer moes verduidelik en wat bereid was om toesig te doen as die spelers op die baan was. Gun my die geleentheid om ook individuele prestasies aan u voor te hou: • Gerhard vd Merwe (HJS kampioen 2024; Malmesbury kampioen) • Luan Bosman (Stellenbosch Junior kampioen) • Bosman de Villiers (Ceres Ope kampioen) • Ghery Rabie (Hermanus Ope kampioen; 7de in SA o. 17; speel al o. 19-gholf; Robertson Ope kampioen 2024) • Neil Louw (o. 15 Boland Gholf) • De Villiers Herholdt (2 kolhoue in een seisoen) Ek sluit af deur Gerhard en die eerste span te bedank vir die reuse spore wat hulle gelos het deur HJS onder die topdrie gholfskole in die land te laat eindig. Ons weet nou dat HJS se gholf op die regte pad is al verlaat die helfte van ons eerste span die skool; die vertroue is groot in die nuwe, jonger geslag spelers wat nou gaan begin groot gholf speel. Mag gholf in HJS ná elke seisoen toon dat daar verbetering was. Die klem gaan in 2025 op die ontwikkeling van junior gholf val. Groot planne en toere word in die vooruitsig gestel. It has been an honour on and off the course to be part of the PBHS Golf family. Tandem fit arbor surculus

• Derde plek by SA Skolekampioenskap • Interskole-wenners (al vier spanne)

The cherry on top was the selection of three of our boys for the 2024 IPT tournament in December in Port Elizabeth.

BOISHAAI 156 YEARS 125

Made with FlippingBook flipbook maker