Boishaaier 2024
ADRIAAN D E R E K SWART ADRIAAN D E R E K SWART ADRIAAN D E R E K SWART ADRIAAN D E R E K SWART ADRIAAN D E R E K SWART ADRIAAN D E R E K SWART ADRIAAN D E R E K SWART ADRIAAN D E R E K SWART ADRIAAN D E R E K SWART ADRIAAN D E R E K SWART
Homage to ...
Handhawing van dissipline Mnr Swart het dissipline gehandhaaf deur die voorbeeld te stel. Sodoende het hy vir leerders ’n leeromgewing van struktuur en eerbied verseker waarbinne hulle kon gedy. Doeltreffende hantering van dissipline behels duidelike verwagtinge, reëls wat konsekwent toegepas word en gedragskwessies wat spoedig, konsekwent en regverdig gepak word. Deur sy strategieë oor 17 jaar deurentyd suksesvol te ontwikkel het hy – in noue samewerking met onderwysers, ouers en leerders – dissiplinêre beleide geskep en geïmplementeer wat positiewe gedrag aanmoedig en uitdagings die hoof bied. Hy kon die grimmigheid van opstandige jong manne vinnig met ’n sagte antwoord afkeer maar ook ferm ingryp waar nodig.
Ter afsluiting Deur die hele gemeenskap te betrek het mnr Swart daarin geslaag om die HJS van ’n goeie instansie na ’n uitsonderlike een te neem. Hy het met hierdie proses begin sedert sy aanstelling aan die HJS. Sy onvoorwaardelike aanvaarding van verskillende leerders uit verskillende agtergronde het bygedra om enige moontlikheid van diskriminasie aan die HJS uit die weg te ruim. Sy hoofdoel was om jong here te ontwikkel en hulle toe te rus om ’n positiewe verskil in ’n negatiewe wêreld te maak. Ons, as ’n skoolgemeenskap, wens hom en sy vrou, Sura, ’n welverdiende aftrede toe ná baie jare se toegewyde diens aan die onderwys op soveel terreine.
10 BOISHAAI 156 YEARS
Made with FlippingBook flipbook maker