Boishaaier 2023
Kreatiewe Skryfstukke
Die dag toe die duiwel in my invaar André Smit – Graad 9
Die laaste beweging Matthew Lamprecht – Graad 9
Ek staan op die koue kombuisteëls en kyk af na die bloed op my hande. Ek kry so ’n warm gevoel wat van my kop tot tone loop. Ek kyk na my broer wat bewegingloos op die teëls lê. Wat het ek gedoen? Dit voel asof ’n tweede persoonlikheid oorgeneem het en skielik kry ek ’n gevoel soos nooit tevore nie; dis amper half lekker, asof ek dit weer wil doen. Ek en my broer was nog altyd beste vriende, want ons ouers is al op ’n vroeë ouderdom oorlede. Ons pleegouers het altyd my broer voorgetrek, want hulle wou net een kind aangeneem het, maar die weeshuis het eenvoudig geweier om ons te skei. My broer was net in elke aspek van die lewe beter as ek, en ek wou dit ook hê. Dit is reeds twee weke nadat ek my broer vermoor het. Die huis voel so stil en ek kan nie ophou dink aan daardie aand nie. Ek dink aan daardie spannende, lekker gevoel met die bloed op my hande. Iets voel ongemaklik. Ek sweet, my hande bewe, my kop is seer. Ek dink ek is verslaaf daaraan om mense te vermoor; ek is besig om mal te raak. Die sweet loop teen my gesig af; ek probeer die drang stop. Maar dit is te laat. Ek spring op en gaan haal die swaar byl uit die kas uit. Ek stap in die leë Johannesburgse straat met die dowwe maan wat gloei. My drang raak net al hoe sterker en sterker. Ek sluip by my bure se agterdeur in. Daar bly ’n enkelma met twee seuns …
Soos die sterre voor my oë dans, word diep, vurige holtes sigbaar; holtes wat ek gemaak het. Dit is nog net ses maande ná my ma se dood, maar dit is snaaks hoe tyd verwerp word en hoe ses maande soos ’n ewigheid kan voel – hoe vinnig ’n droom ’n nagmerrie word. Ons was op pad na my eerste solo viooloptrede, maar as gevolg van my het ons laat by die huis weggetrek. Soos my ma gejaag het, het ek onthou dat ek my bladmusiek vergeet het en terwyl sy omkyk … DOEF! … en doodse stilte. Ek sal nooit vergeet hoe my pa se oë gelyk het na hy die nuus ontvang het nie: melkerig, blind, verlore. Die oë wat my altyd met onvoorwaardelike liefde omhels het, het my nie meer gesien nie, my nie erken nie. Met die verloop van tyd het die melkerige wasem verdonker – my pa verlore. Als as gevolg van my. Nou word ek elke aand herinner en moet ek die wraak van die monster wat ek gemaak het, verdra. Die eerste keer het beide van ons ingekrimp en gehuil. Ons het nie net oor die dood van my ma gerou nie, maar ook oor die verlies van ’n pa en sy seun: verlore geluk en ’n vaal toekoms. Ek vind ook nêrens verligting nie. Skool dra net by tot ’n rommelende warrelwind wat al vinniger begin beweeg. In vrees dat ek dié om my sou wegblaas, moes ek onttrek. Die wind verdof die leë woorde van beraders en verwar my; die pogings tot vertroosting laat my net skuldiger voel. Met amper elke woord waai die warrelwind sterker. Ek kan net hoop dat my besluit die warrelwind sal stil maak en my monster sal laat wyk … Remember the stench of rusted iron mixed with blood and the empty void that harboured the eyes of the man you just slaughtered. The crowd is booming with adrenaline as the blood is starting to stain the sandals on your feet. Do not feel discouraged or demotivated to kill, for each life adds seven days to the countdown to your death. A life is also worth a piece of moldy bread and some plain yoghurt to please your empty stomach after a fight. If you wish to live in the arena, then you must become a savage among savages. The life you had before was that of a man who dies the moment they pressed the red-hot iron rod, with the crest of a slave owner, against your skin. Do not pity yourself after taking a life as a gladiator, because it is only natural. It is called survival instincts and humanity would be long dead without it.
Writing
Life in the Arena Juan Smith – Grade 12
The charred brown skin on your left arm will never heal. The scars you received in the arena will never vanish, for they serve as a reminder. You are a slave. You have no rights. Food is optional for the life of a mere peasant. The human body can function for seven days without a meal. Nobody in their right mind would waste money on food for a filthy object with an expiration date. Tomorrow might be your last day alive, for this is life in a gladiator’s arena. Feel comfort in the fact that if you die it will serve as entertainment for others and it would signal the end of the vicious cycle you call life. What if you survive by some miraculous turn of events?
96 BOISHAAI 155 YEARS
Made with FlippingBook - Online Brochure Maker