Boishaaier 2023
Kreatiewe Skryfstukke
Groepsdruk is erger as ooit tevore Henré du Plessis – Graad 10
’n Storie van geluk en vreugde Jan-Albert Botha – Graad 10
en aan al die behoeftes van ’n man voorsien. Na middagete skiet ons die gewere in. Met elke skoot raak die gemoedere van die mans al hoe meer oorweldig deur opwinding. Elke skoot onderstreep manwees en beklemtoon jou vermoë of onvermoë. Langs die vuurherd gesels die manne oor als wat voorlê vir die volgende dag. Ons weet dat al hierdie woorde eers geldig is nadat dit bewys is. Dit wat voorlê kan lei tot geluk of mislukking. Al die manne word voor sonsopkoms in die bosveld afgelaai en word gewys waar hulle mag skiet. Ek en my pa vind vir ons ’n beskutte area en wag vir die bokke om hul eerste verskyning te maak. Ons wag geduldig en sien uiteindelik ’n trop blesbokke. Ons beplan hoe ons sukses gaan behaal en bekruip die bokke. Uiteindelik het ons ’n goeie geleentheid ek maak reg. My pa sit die skietstok saggies neer. Die geweerkolf is koud teen my wang, maar my hand sweet nat van opwinding. Die skoot knal deur die veld en weergalm teen die koppie. Ons staan versteen en wag vir die stof om te gaan lê. Daar blink sy vosvel in die sonlig. Gevul met ’n oorvloed van emosies loop ek tevrede na my bok.
Ek sit my pen vir ’n laaste keer neer … Slegs een ding wat my motiveer. Ek voel lus vir dit wat voorlê en voel hoe my hart begin klop van opwinding. Daar is slegs een ding wat ’n man so laat voel, en dit is die uitsien na ’n jagtrip. Met slegs manne op hierdie trip weet ons dat als eenvoudig en maklik gaan wees. Ek en my pa wag al lank vir hierdie dag. Als is klaar reg en gepak. Net die nodigste: kos, klere, gewere en natuurlik nóg kos vir die jong mans. Daar is ’n lang pad wat vir ons voorlê, maar dis geen probleem nie. Ons gesels oor wat ons beplan om te skiet, maar weet dat wanneer die oomblik kom jy die geleentheid moet gebruik. Geen jagter skiet alles wat hy beplan nie. Ons stop in Travalia waar almal pap en wors vir ontbyt eet. Geen man het vir hierdie naweek slaai of enige ander tydrowende maaltye beplan nie. Slegs vleis! Met die aankoms by die plaas word ons deur die boer bederf met pap en vleis vir middagete. Die houthuisie waarin ons bly is perfek en bevat slegs die nodigste. Jy kan sien dat die huisie deur ’n man ingekleur is
Toe ek sien wat hy in sy linkerhand vashou, kon ek nie my oë glo nie. Dirkie van Vuuren, my beste pêl, het ’n sigaret in sy hand! Dis asof al die beloftes wat ons as snotkop seuntjies gemaak het nie meer saakmaak nie. Ons is skaars uit die laerskool uit en nou rook hy al! Met oë vol teleurstelling gluur ek vir hom, maar dit lyk nie asof dit hom veel pla nie. Dis amper asof hy nooit gesien het wat daardie dekselse kankerstokkies aan sy pa gedoen het nie. “Soek jy ook ’n trek?” vra hy terwyl hy nog besig is om rook uit te blaas. Skielik raak dit doodstil. Dit voel asof almal vir my wag om te antwoord. Ek wil regtig nie hê al die ouens moet dink ek is ’n lafaard nie, maar ek wil nie rook nie. Wat as ek “ja” sê en vir altyd aanhou rook of as ek “nee” sê en Dirkie nooit weer saam met my gesien wil word nie? Ek voel soos ’n gevangene in ’n doolhof waar elke besluit die verkeerde een sal wees. “Toe nou, wat sê jy?” vra nog een van die ouens. Ek voel hoe my hart vinniger begin klop soos ek my mond oopmaak om te praat, maar voor ek myself kan keer, slaan ek die sigaret uit sy hand uit en gaan sluit myself in die badkamer toe. Ek kan hoor hoe al die ouens buite die badkamer staan en lag terwyl ek met my ma op die foon praat. Nou gaan Dirkie vir seker nooit weer met my praat nie. Ek verstaan nie hoekom ek so opgetree het nie, maar die groepsdruk was nog nooit van tevore so erg nie. Vir die hele naweek pla die prentjie van die sigaret in sy hand my, en ek wik en weeg die heeltyd of ek sy ouers daarvan gaan vertel of nie. Sy pa gaan diep teleurgesteld wees, en sy ma gaan byna ’n hartaanval kry, maar dis die regte ding om te doen. Die hele nag voor skool lê ek wakker en wonder of Dirkie my gaan ignoreer. Ons vriendskap is darem vir hom belangriker as dit, is dit nie? Toe ek na die eerste periode nog niks van hom gehoor het nie, dink ek hy het dit dalk beter hanteer as wat ek gedink het. Maar my hart breek in stukke toe ek sien wat in groot rooi letters op my bank geskryf staan: PIEMPER.
BOISHAAI 155 YEARS 93
Made with FlippingBook - Online Brochure Maker