Boishaaier 2023
Intreeboodskap – Hoofseun 2024
Geagte mnr Swart, mnr die Seremonie meester, Eregaste, Personeel, Ouers en my Broers in Blou
is more than just a school. This is our home, this is the place that we love so much we’d bleed and die for it. This is our lifestyle; this is who we are. This is where boys are turned into men, a stranger becomes a brother and a nobody grows into a legend. This one badge is what unites 900 brothers to face any giant standing in their way. Aan die klas van 2024: ’n spesiale geleentheid het oor ons pad gekom, ’n geleentheid om ’n skool met 155 jaar se tradisie en geskiedenis te kan lei na nog ’n jaar van moontlike sukses. Kom ons doen die klein goedjies wat Boishaai Boishaai maak met trots en passie reg sodat dit ons nalatenskap vir die toekoms sal wees. Laat ons elke dag opstaan met hoop in ons harte en met ’n missie om ’n positiewe verskil te maak. Laat ons lei met ons aksies sodat ons ander inspireer deur ons voorbeeld. Laat ons die lig wees wat 900 broers hulle koppe laat optel as dit moeilik gaan. Kom ons gaan trap diep spore; mag ons nooit die legendes wie se spore ons volg, vergeet nie. Matrics: how lucky are we to have this opportunity to lead the school we so love. I hope each one of you realises how blessed and fortunate we are to have this opportunity, and that we would treasure it and make the very best of every moment that is given to us. Boishaai, nog ’n jaar, nog ’n geleentheid om ons name langs die legendes van gister te skryf. Dis nou tyd om HJS se vlag hoër as ooit te laat wapper. Kom ons staan saam as ’n skool en bereik hoogtes soos nooit tevore. Kom ons tree elke dag met respek op teen oor mekaar. Kom ons gee ons alles in elke geleentheid wat ons kry, nie net vir die broer langs jou nie maar vir dié wat voor ons was en vir dié wat nog moet kom; mag die Boishaai-vlam binne ons nooit ophou brand nie. We are called to stand in that lonely place between the no-longer and the not-yet and intentionally make decisions that will bind, forget, move and create history. We are not called to be popular, we are not called to be safe, we are not called to follow. We are the ones called to take risks. We are the ones called to change attitudes, to risk displeasures. We are the ones called to gamble our lives – for a better Boishaai. Now and forever, almighty Boishaai. Tandem fit arbor surculus
Roux Meyer
Dit is ’n ongelooflike voorreg en eer om vanaand hier voor julle te staan. Ek wil net begin deur dankie te sê aan al my medeprefekte wat hulle vertroue in my plaas – ek sien uit om die jaar saam met julle te werk en te groei. Mamma en pappa: Dankie vir alles wat julle vir my doen; dankie dat julle nog altyd daar was vir my. Julle het vir my geleer om altyd die regte ding te doen en dat ek niks het sonder liefde in my hart nie. Dankie dat julle altyd in my glo en my motiveer om ’n beter mens en sportman te wees. Janco en Erwin: Julle is my rolmodelle; ek het van dag een af al opgekyk na julle en ek strewe elke dag om meer soos julle te wees. Dankie dat julle altyd alles vir my gun en altyd daar is vir my as ek julle nodig het. Dan aan elke ander broer hier vanaand wat al ’n impak op my lewe gemaak het: dit is julle wat my laat glimlag ná ’n moeilike dag. Dit is julle wat my trane afvee. Dit is julle wat my oorwinnings vier. Julle sal nooit die impak wat julle op my lewe het, verstaan nie. Ek is die Here innig dankbaar vir die mense in my lewe en dat Hy my hierdie geleentheid gegee het om die Hoër Jongenskool te kan lei. Ek gee al die glorie en die eer aan hom, want sonder hom is ek niks nie. Hoe vind ek die regte woorde om iets so spesiaals soos Boishaai te beskryf? Aan die voet van Paarlberg, by die swart hekke in, onder die eikebome, staan die Hoër Jongenskool vasgeanker in sy tradisies en waardes, ’n skool waar 900 broers saamtrek en saamstaan om meer as 155 jaar se tradisies en waardes te verdedig. Die trots en passie van 900 broers op Brugstraat se pawiljoen wat elke naweek hulle stemme hees sing vir hulle broers wat speel en hulle liedere deur Paarl laat eggo. Die gevoel om elke oggend op te staan en daardie beroemde blou baadjie aan te trek en te weet jy’s deel van iets baie groter as jyself is genoeg om enige seun hoendervleis te gee. Boishaai is known by many, but only a few are
lucky enough to call this beautiful institution their home. For many people this is just an ordinary school, but for me this
Roux Meyer
18 BOISHAAI 155 YEARS
Made with FlippingBook - Online Brochure Maker