Boishaaier 2023
Tennis
Tennis 2023
HJS se tennisspelers het weer ’n baie suksesvolle seisoen beleef. Ons lig ’n paar hoogtepunte uit: - Aan die einde van 2022 haal ons eerste span die derde posisie by die Grey Kollege-tennistoernooi. Ons het ongelukkig met 4-5 vasgeval in die semi finaal teen Paul Roos. Ons het ook deelgeneem aan die Boland Landbou-tennisfees en deel die trofee nadat die finaal teen Paul Roos uitgereën het. - Aan die einde van 2023 wen ons o. 15A-span saam met Hoër Meisieskool die Stellenbosch o. 15-gemengde toernooi. - Aan die begin van 2023 speel ons o. 15-span in ons eie David Samaai-toernooi en eindig in die tweede plek. In die Boland Landbou-toernooi eindig hulle ook in die tweede plek. - In die Gerrie Berner-toernooi, waar 12 van die beste skole in die land deelneem, eindig ons eerste span in die vierde plek. - Hulle wen die CR van der Merwe-toernooi by Curro. - Tydens Interskole-tennis 2023 wen al sewe van HJS se spanne. Ons eerste span doen uitstekend deur Paarl Gim 9-0 te klop. - Daar het ook ’n hele paar seuns provinsiale klere gekry. Baie geluk aan Dawid Scholtz, Ulrich Nienaber, Reinhardt Mostert, Marno van der
Merwe, Jan-Albert Botha, Jean Mostert, Wilhelm Mostert, Zak Oosthuizen, JC Paul, Toit Malan en Roald Coetzee. - Tydens die vierde kwartaal neem die eerste span deel aan die Grey Kollege-toernooi en eindig in ’n baie goeie vierde plek. - Dawid Scholtz het as een van die top-8 spelers in Suid-Afrika aan die TSA Junior Masters deelgeneem. Hy behaal ’n baie goeie vyfde plek. - Tydens die Cavaliers-proewe vir seuns o. 19 wat in Januarie aan die Interpro deelneem, eindig drie van ons seuns in die top-4: Dawid Scholtz (1), Ulrich Nienaber (3) en Toit Malan (4). By die Cavaliers-proewe vir o. 15 eindig Zak Oosthuizen tweede. - Ons wil ook geluk sê aan verskeie seuns wat TSA (Tennis Suid-Afrika)-toernooie gespeel het met veral Dawid Scholtz, Toit Malan, JC Paul, Ulrich Nienaber en Zak Oosthuizen wat goeie uitslae behaal het. - Laastens, groet HJS Tennis in 2023 vir Frans Willem van der Merwe en Jaco Snyman. Die twee manne het vanaf graad 8 eerste span tennis gespeel en ons wil hulle graag bedank vir hulle ongelooflike diens aan HJS Tennis. Ons gaan hulle baie mis!
Erik Bester
Tennis 1e span Agter: Dawid Scholtz, Toit Malan Voor: JC Paul, Ulrich Nienaber, Frans Willem van der Merwe, Jaco Snyman, Marno van der Merwe
BOISHAAI 155 YEARS 149
Made with FlippingBook - Online Brochure Maker