Boishaaier 2023

Uittreeboodskap – Hoofseun 2023

Heinrich Andrag

Heinrich Andrag

Geagte mnr Swart, Personeel, Ouers en my mede-Boishaaiers

eerste paar dae is die bande gebou wat enige iets sal kan oorkom en saam met ons graf toe sal gaan. Gou raak dit beter. Die parades in baadjies is niks teenoor die ekstase van ons eerste sing-songs nie. Ons eerste Prestige. Ons eerste rugbywedstryd op Brugstraat waar ons – paspoort in die sak, knopie op die das en met ’n glimlag wat nooit verdwyn nie – ons stemme verloor in die skare van ons 900 nuwe broers. Vir baie van ons is dit steeds die beste herinneringe van ons leeftyd. Ons eerste interskole:

Op ’n tipiese Paarlse somersdag in Januarie 2019 het ’n groep seuns met angstige gesiggies die eerste keer voet gesit op die terrein van ’n skool waarna hulle al hul hele lewe lank opkyk en waaroor hulle elke aand gedroom het as ’n laerskoolseun; ’n groep seuns wat nog slegs ’n idee gehad het van wat die skool aan die voet van Paarlberg regtig is. Maar ons het gou uitgevind.

die trane het gerol, maar nog nooit was ons trotser om die blou baadjie te kon dra nie. En voor ons weer sien, stap ons helde vir die laaste keer by hierdie saal se deure uit. Volgroeide mans na wie ons heel jaar opgekyk het, sukkel om die intense emosie te beheer en die sluise word oopgemaak. Nooit het ons gedink dat die dag sou kom waar ons in hulle skoene gaan wees en vir oulaas as ’n skolier van die Hoër Jongenskool Paarl die saal sal binnestap nie.

Prefekte se stemme wat om die skool weergalm, die ‘ladies’ op die berg, ’n slapelose nag en meneer Visagie se bekende “If it moves, you greet it”-gesegde het ons gou laat verstaan dat hierdie spesiale plek nie net ’n akademiese instansie is nie. Ons eerste paar dae het ons dalk afgeskrik, maar dis steeds daardie eerste paar dae wat ons vandag nog bymekaar hou. Gedurende daardie

Maar ons het gou uitgevind. Prefekte se stemme wat om die skool weergalm, die ‘ladies’ op die berg, ’n slapelose nag en meneer Visagie se bekende “If it moves, you greet it”-gesegde het ons gou laat verstaan dat hierdie spesiale plek nie net ’n akademiese instansie is nie.

14 BOISHAAI 155 YEARS

Made with FlippingBook - Online Brochure Maker