Boishaaier 2023

Krieket

Krieket

o. 16 Gideon du Toit Aden Batt Marco Cato Die volgende seuns spog hierdie seisoen met honderdtalle en/of vyfpaaltjie- (of meer) beurte: 100-talle • Johan Wege - 182 • Christiaan Bourbon-Leftley - 117 • Christiaan van den Heever - 107 5+-paaltjiebeurte • Aden Batt - 5/34 teen Bishops • Ullrich Drotschie - 5/24 teen Somerset College • Ethan Vermeulen - 5 paaltjies teen Westville • Gideon du Toit - 5/6 teen Hermanus • AB Jacobs - 6/5 teen Selborne; 6/11 teen Bishops; 6/9 teen Wynberg Baie dankie aan elke afrigter vir die lang ure in die son en die mooi manier waarop julle met die seuns werk. Baie dankie aan mnre Carstens en Swart en hulle span wat die velde en blaaie vir ons voorberei. Ons is opreg dankbaar vir die tyd en werk wat julle vir ons doen. Baie dankie aan die dames van die koshuis wat ons etes en drankies altyd reg het. Dan, ’n spesiale dankie aan ons ouers vir hulle volgehoue ondersteuning deur dik en dun; sonder julle kan ons dit nie doen nie. Laastens wil ek vir elke speler van HJS baie dankie sê vir julle gesindheid, julle tyd, julle toewyding en die manier waarop julle krieket speel vir HJS. Ons is baie trots op julle! Johann Louw (Hoof van Krieketafrigting)

HJS Krieket is baie trots op dit wat ons as afrigterspan vermag het sowel as op ons skool se krieketfasiliteite en -kultuur. Ons is verder baie bevoorreg met goeie ouer- en beheerliggaamondersteuning. Ons is baie dankbaar om nog ’n stel krieketnette te kon oprig. Dit stel ons instaat om ons krieketprogram verder uit te brei en meer seuns langer geleentheid te gee om oefening van gehalte in te pas. Ons kwalifiseer vir die tweede keer vir die Noord/Suid Pretoriatoer wat vir die top-16 skole bestem is. Dit was vir die seuns ’n blitsige leerkurwe. Ons het goed gevaar om algeheel elfde te eindig; hierdie baie jong span sal die voordeel van die ervaring in die komende seisoen of twee kan benut. Verder was ons o. 14-krieketspan op ’n baie suksesvolle Charl van Rooyen feestoernooi na Oos-Londen. Die toer na Kimberley vir die o. 15’s en die o. 19C-span was ook vir die spelers ’n goeie leerskool. Ons tweede span het na die Punt-kriekettoernooi in Mosselbaai getoer. Ons is werklik trots op die manier waarop hulle gespeel het. Die uitslae was voortreflik. Ons spanne het ’n totaal van 182 wedstryde gespeel. Dit vereis ’n groot hoeveelheid werk van die sportkantoor en veral mnr Cloete verdien groot lof en dank hiervoor. ’n Wonderlike prestasie is dat vyf van ons seuns vanjaar in die onderskeie Boland-krieketspanne ingesluit is: o. 19 JJ van der Sandt Johan Wege

Krieket o. 19A Agter: Marco-Junior Cato, Gideon du Toit, Christiaan Wege, Rubin Dames, Lian Fourie, Dian van der Westhuizen, Brendan Coetzee, Johan Wege, Ronaldo Windvogel Voor: Mnr D Swart (skoolhoof), Liam Vermeulen, mnr JC de Clerk, Christiaan Bourbon-Leftley, mnr J Louw (afrigter), Christian Burger, JJ van der Sandt, Reinhard Barnard, Connor Batt

BOISHAAI 155 YEARS 107

Made with FlippingBook - Online Brochure Maker