Boishaaier 2022

ku lt u ur / c u lt u r e

s t y l e e v e n t

Die PBHS Style Event het hierdie jaar op 4 Mei 2022 plaasgevind. Tydens die Style Event word nege finaliste op die verhoog gesien waartydens hulle die Boishaai-waardes prakties voorstel. Daar was vier tonele. Die eerste toneel is slegs die bekendstelling van die finaliste aan die gehoor en beoordelaars. Tydens die tweede toneel dra die seuns hul eie styl – hoe ons kan verwag om hul op ’n naweek te sien – en beantwoord ook ’n paar vrae wat aan hul gestel word. Op so manier wys hulle dat ’n ware Boishaaier weet hoe om homself voor mense op die beste moontlike manier ten toon te stel en ook dat hy oor die

nodige vaardigheid beskik om voor mense te praat. Die derde toneel is die swembroektoneel. Die finaliste het met Boishaai-swembroeke op die verhoog verskyn. wat spesiaal en vir die eerste keer vir die geleentheid ontwerp is. Tydens hierdie toneel wys die seuns dat ware Boishaaiers na hul liggame omsien en weet dat gesonde liggame ook ’n gesonde gees huisves. Die vierde toneel is formele drag. Die seuns is in pakke geklee en het hier ’n dame in ’n aandrok aan hul sy wat hul op die verhoog vergesel. Tydens die toneel wys hul aan die gehoor dat Boishaaiers weet hoe om dames met die nodige respek te hanteer.

Peter Pentz, ’n oudleerder aan die HJS, was seremoniemeester en het homself uitstekend van sy taak gekwyt. Hy het die gehoor heel aand met sy humorsin vermaak. Die drie beoordelaars was Efraine van Heerden, Paul de Wet en Stephen van Eeden (onderskeidelik grimeerkunstenaar; oudleerder; Stormers-speler en bekroonde ontwerper). Die aand is afgesluit met ’n vertoning deur Sunset Sweatshop. Die wenners was Robert-John du Preez (Mr Style), Erwin Meyer (1ste Prins) en Deon du Plessis (2de Prins). Ruan Heystek was Mnr. Fotogenies en Erik Viljoen Mnr. Persoonlikheid.

9 6 BO I SHAA I 1 5 4 Y E AR S

Made with FlippingBook Ebook Creator