Boishaaier 2022

hu l d e b lyk - Andr é Me i n tj e s

• André kan rustig wees, al is die wêreld om hom nie. • Om vir God te sing en te aanbid bly vir hom die grootste voorreg. • Hy het ‘n hart vir jongmense en ‘n passie vir die Woord van God. • André bid vir mense (ons gaan dit baie mis). • André het ‘n droë sin vir humor wat deurkom namate jy hom beter leer ken. • Jy kan hom op ’n Woensdagaand vra om die Donderdag tydens CSV die skool met praise and worship te lei. Sy antwoord is altyd ja. Sy vakspan, mnr Visagie en mnr Cronj é, s ê die volgende oor André : “André is ’n man wie se vakkennis baie wyer strek as wat van hom verwag word. Met sy sagte manier van praat en goeie woordeskat is dit vir die seuns altyd ’n plesier om in sy klas te wees. Sy kalm rustigheid syfer deur na sy leerders; dit was nooit nodig vir André om sy stem te verhef nie. Kinders wou graag in sy klas wees en het hom respekteer as hulle onderwyser.”

André het nooit iemand doelbewus sleg behandel nie en skinder was nie deel van sy mondering nie. Altyd bereid om te leer, luister en te deel. By hokkie sê Cindy Mc Farlane die volgende: As a hokkiebreier by die o. 19D-span het Andr é sy spelers met sorg behandel; hy was toegewyd aan hulle. Nooit het hy sy stem verhef nie en hy kon altyd die positiewe en mooi raaksien, selfs in die droefste wedstryde. ’n Voormalige kaptein sê dat Andr é altyd vir almal ’n kans gegee het. Nog ’n speler sê die volgende van sy afrigter: “Mr Meintjies was the most God-fearing man I’ve ever known. Every stride that he took, he took for God’s glory. It was a privilege to play in his team and to be his disciple. A true example to any young Christian man on how to live for God’s glory. He is somebody you will never forget.” André , dankie vir 15 jaar se diens aan Boishaai. Ons gaan jou mis. Gaan wees God se lig waar jy gaan. En mag God die nuwe seisoen in julle lewe ryklik seën. Dawid Kotzé

BO I SHAA I 1 5 4 Y E AR S

9

Made with FlippingBook Ebook Creator