Boishaaier 2022

hu l d e b lyk - Andr é Me i n tj e s

André se grootste getuienis is sy verhouding met die Here. Hy dien as ’n voorbeeld vir ons elkeen. Hy het sy lewe só ingestel dat hy en sy gesin, met sy kinders, Migael, Samuel en Amalia, absoluut afhanklik is van die Here. André is ’n vriend vir almal, en indien jy in konflik met hom sou wees, weet jy vir seker dat jy vir jou bid. Hy was ook ’n antwoord op gebed. Ek onthou hoe ek en Elmarié eendag saam in die kombuis gewag het om ons pousebederfies in die mikrogolfoond warm te maak en hoe ons vir mekaar gesê het dat dit soveel keer beter wees met twee oonde. En sal jy dit glo – enkele weke later staan daar twee splinternuwe mikrogolfoonde, te danke aan André.

André Meintjes

André het sy onderwysloopbaan in 2000 by Hoërskool Bredasdorp begin en vier jaar later oorgeskuif na sy geliefde alma mater in die Paarl. Dis in hierdie tyd dat hy en Charmaine besluit om in die huwelik te tree. In 2008 het Andr é se pad met die Hoër Jongenskool Paarl gekruis. Hy het by die IGO-departement aangesluit en het later die vakhoof van Tegnologie geword. Hy was betrokke by atletiek, hokkie en CSV. Hy is ook aangestel as die huisvader van Berlyn. André is vir baie seuns en nog steeds vir menige oudstudent ’n vaderfiguur, iemand wat as mentor ’n pad met seuns kon stap. Hy het altyd die tyd om ’n oor te leen aan dié wat dit die nodigste het; om iemand te bemoedig, al stap hy self deur ’n moeilike tyd, was die hoogtepunt van sy dag. Hy laat elke seun en persoon met wie hy in aanraking kom, belangrik voel. Sy vrou sê daar bestaan nie iets soos ’n rustige gesinsaand by ’n restaurant nie; orals waar hulle kom, is daar oudleerders wat graag met hom hul lewenspad wil deel. Hy matrikuleer in 1995 aan Hoërskool Labori. Hy verwerf sy onderwysdiploma aan die Universiteit van Stellenbosch en twee jaar later sy honneurs by die Kaapse Skiereiland Tegnikon in Wellington. Lukas Andries Meintjes is 21 Junie 1977 gebore en het grootgeword in Wellington.

André se liefde is mense, musiek en selfs fietsry (as die gesinslewe hom die geleentheid bied). Hy het sy liefde vir sy vakgebied, tegnologie, selfs in sy musiekstokperdjie ingewerk. Menige keer het ek hom gesien, besig om ’n “gadget”, ’n “pedal” of ’n “amp” te bou vir sy elektriese ghitaar. Hy geniet ’n rooiwyntjie by die vuur terwyl hy oor die Jongensfontein-see kan uitkyk saam met sy mense. Trouens, hy geniet enige aktiwiteit, solank daar net mense betrokke is. Ek hoor hy het versteekte talente met ’n tekenbord, maar hy hou hom net uit die kombuis. Sy Hilda-konkoksies sal mense se gesigte laat trek. Maar met kombuispotte agter ’n wasbak in hy ’n maestro. André is nie lief vir konflik, oneerlikheid, skinderstories, disrespek of afpraat nie. Hy is ’n man van beginsels en wyk nie daarvan af nie. Hy stel opregtheid en eerlikheid hoog op prys. Hy is sensitief vir mense se welstand, geestelik en emosioneel. In mnr Sakkie Visagie se woorde: “As jy een van die gelukkiges was op wie se skouer André sy hand onverwags geplaas het en net daar en dan vir jou gebid het vir hulp of genesing, sou jy weet hier is ’n man van God wat op ’n geestelike gebied ’n reuseverskil in die skool gemaak het.” By CSV sê sy medekollega, Arno Blom, die volgende: “Andr é is ‘n man wat elke dag leef vir God en nie probeer oorleef in die wêreld nie. Ek het hom leer ken as iemand wat in die wêreld is, maar nie van die wêreld nie. N á God is sy familie sy hoofprioriteit.” Mnr Blom onthou ook die volgende eienskappe van André:

8 BO I SHAA I 1 5 4 Y E AR S

Made with FlippingBook Ebook Creator