Boishaaier 2022

Bo od s ka p van ho o f s e un 2 0 2 3

INTREEboodskap van hoofseun 2023

Heinrich Andrag

Geagte meneer Swart, personeel, ouers, eregaste en my broers van die beroemde blou baadjie.

Dit is vir my ’n ongelooflik groot eer en voorreg om hier voor julle te staan en ek is ons Hemelse Vader ewig dankbaar vir die geleentheid wat hy aan my gebied het. Mamma en Pappa, julle was nog altyd die ankers in my lewe. Van dag een af het julle my geleer om altyd die regte ding te doen in die moeilikste omstandighede. Julle het deur julle alledaagse aksies nie net vir my goeie voorbeeld gestel nie, maar ook van my ’n beter mens gemaak. Sonder julle sou ek nie wees wie ek vandag is nie. Niks in hierdie wêreld sal julle ooit in my lewe kan vervang nie. Julle beteken ongelooflik baie. My vriende: Die bande wat ons oor die laaste paar jare gebou het, is iets wat ek nie eers gaan probeer beskryf nie. Deur al die tye van vreugde was julle daar saam met my en in die tye van hartseer was my trane julle s’n. Julle speel ’n ongelooflike rol in my lewe en ek sal vir julle nooit genoeg dankie kan sê nie. Wanneer ek aan die Hoër Jongenskool dink spring daar nie woorde by my op nie, maar vlieg daar liewer die mengsel van duisende emosies wat onmoontlik voel om te beskryf by my verby. Die gevoel van trots wanneer jy die

eerste keer die gestreepte baadjie aantrek en daardie beroemde wapen op jou bors laat pronk. Die oorweldigende passie as jy Saterdae om jou kyk en jy sien 900 van jou broers wat die eer van ons geliefde skool op die pawiljoen verdedig. Die gevoel van ontsag wanneer jy deur die historiese gange loop en die name van legendes teen die mure sien. Die gevoel van broederskap as jy bande bou wat ’n leeftyd sal hou met mense wat hul lewe vir jou sal gee. To the class of 2023, a special opportunity has presented itself to us. An opportunity everyone will wish to have, but one only a few will ever get. An opportunity to lead an illustrious institution filled with 154 years of unbreakable, incomparable tradition and history into another year of possible greatness. An opportunity to write our names into archives alongside the legends of yesterday. Mag ons hierdie geleentheid wat aan ons gebied is met albei hande aangryp en die beste van elke oomblik maak. Mag ons die voorbeeld wees vir dié wat ons nou ken en vir dié wat oor vele dekades nog van ons gaan hoor. Mag ons die klein dingetjies wat van ons Boishaai maak, met trots en

entoesiasme aanpak en mag ons die invloed wees wat die hart van ons historiese skool sal laat aanhou klop en die trots in elke Boishaaier sal wakker hou. Mag ons die kleinste vonkie wees wat ’n kettingreaksie by ander ontlok en mag ons die brandende vuur wees wat ander inspireer. Our goal is to live in such a way that the legacy we leave behind can never be erased. With every opportunity presented to us this year, may we be the change we want to see in ourselves, in our school and in the broad outside world. May we plant the seeds so that tomorrow’s generation may sit in shade. May we bear in mind that we are all part of something bigger. Something none of us can quite describe with words. Something built by years of blood, sweat and tears of those before us. May we watch our thoughts for they become words. May we watch our words for they become actions. May we watch our actions for they become habits. May we watch our habits for they become character. And may we watch our character as it will ultimately determine the legacy we leave behind. For now and always, almighty Boys’ High. Tandem Fit Arbor Surculus.

2 4 BO I SHAA I 1 5 4 Y E AR S

Made with FlippingBook Ebook Creator