Boishaaier 2022

l and l o o p

l and l o o p

Hoër Jongenskool Paarl, Hugenote Hoërskool, Boland Landbou, Hoërskool Paarl Gimnasium, Hoërskool Labori, Paul Roos Gimnasium, Hoër Meisieskool La Rochelle, Hoër Meisieskool Paarl, Hoër Meisiekool Bloemhof, Hoërskool Paarl Vallei, Hoërskool Drostdy en Bridge House neem Woensdae aan vriendskaplike landloopbyeenkomste deel. Die atlete hardloop ongeveer 4 km en neem in ’n senior en junior afdeling deel. Elke skool kry ’n beurt om ’n byeenkoms aan te bied. Baie van die seuns is ook by ander sportsoorte betrokke en kan dus nie aan elke wedloop deelneem nie. Ons wil egter dankie sê aan elkeen van ons atlete wat getrou oefen en met groot entoesiasme tyd vir landloop inruim. Tydens die tweede kwartaal was daar vier byeenkomste op Woensdae. Sestien HJS-landloopatlete het op Vrydag 13 Mei in Bloemfontein aan ’n wedloop teen Grey Kollege deelgeneem. Daar was net een wedloop – juniors en seniors het gelyktydig deelgeneem. Slegs die eerste vier atlete per skool, per ouderdomsgroep, se tye is gebruik om die uitslag te bepaal. HJS het die junior wedloop 28 – 24 en die senior wedloop 25 – 24 naelskraap gewen. Baie geluk aan al die atlete wat deelgeneem het – dit was ’n spanpoging. Tydens die derde kwartaal was daar twee byeenkomste: by Paarl Gimnasium en die Interhuis-kompetisie in die Paarl Arboretum. Daar het 112 HJS-atlete aan die Interhuis-byeenkoms in

die Arboretum deelgeneem. Baie dankie aan die HJS personeel wat beamptes was en aan die personeel wat ook deelgeneem het. Dankie vir almal se ondersteuning en positiewe bydrae. Dankie aan me Tanja Malherbe (afrigter) vir haar entoesiasme en opoffering. Ons atlete se fiksheid en entoesiasme spreek van haar toewyding. U I T S L A E VAN I N T E RHU I S - BY E E NKOMS I N D I E ARBO R E T UM O P 7 S E P T EMB E R 2 0 2 2 : Posisie Juniors Punte 1 Monte Bello 527 2 Imhoff 478 3 Bellevue 388 4 Berlyn 314 5 Zeederberg 126 6 Villieria 120 Posisie Seniors Punte 1 Monte Bello 133 2 Villieria 114 3 Bellevue 99 4 Imhoff 89 6 Berlyn 0 6 Zeederberg 0

L and l o o p Agter: Abelines Schoeman, Joshua van Niekerk, Samuel Cleary, Christie Engelbrecht, Heinrich Söhnge, Wim Treurnicht, Johann Visagie, Lood Goosen, Janro Oeschger, Lourens van der Walt, Christoff Prins Voor: Ronan Macey, Nicholas Swanepoel, Ruan Lategan, Leonardo van der Werf, me A Fourie, Rossouw Malan, Daniel Ndlovu, Ryan Swanepoel, Luan Stander

1 3 0 BO I SHAA I 1 5 4 Y E AR S

Made with FlippingBook Ebook Creator