Boishaaier 2022

gho l f

gho l f

HJS Gholf het ’n besonder goeie 2022 beleef onder die knap leiding van John Rabie. Reeds vroeg in die jaar is ’n rekordgetal spelers vir die proewe ingeskryf. Die beste agtien spelers sou die skool gedurende die seisoen verteenwoordig. Die eerste en tweede span neem deel aan ’n baie geslaagde Sun City-week waar die eerste span derde en die tweede span twaalfde uit 32 skole eindig. Die eerste gholfspan is die wenners van die Boland skoleliga nadat hulle Paul Roos twee keer in die liga klop en die tweede en derde span as die naaswenners eindig. HJS se eerste span eindig tweede in die Boland kampioenskap en kwalifiseer om deel te neem aan die SA kampioenskap in Gqeberha op Humewood-gholfbaan langs die see. Hulle eindig dertiende uit drie en twintig spanne. ’n Groot prestasie vir HJS Gholf was die oorwinning teen Grey College in Bloemfontein.

I N T E R S KO L E O P P E AR L VA L L E Y WA S E E N VAN D I E HO O G T E P UN T E . ONS B E HAA L D I E VO L G E ND E P R E S TA S I E S :

• Die eerste span wen met 27 houe. • Die tweede span wen met 19 houe. • Die derde span wen met 22 houe. I ND I V I DU E L E P R E S TA S I E S :

• Dylan Kayne eindig as die SA o. 17-kampioen vir 2022 en kom tiende in die o. 19-afdeling. Hy behaal ook die uitsonderlike prestasie om as ’n junior speler vir die Boland- senior span 2022 gekies te word. • John Rabie wen die Clanwilliam-ope. • Ghery Rabie eindig derde in die Dimension se o. 15-kompetisie (hy behaal ook twee kolhoue in die 2022-seisoen) Dankie aan elkeen wat bygedra het om 2022 vir HJS ’n onvergeetlike seisoen te maak. Harde werk lê voor buite die seisoen om 2023 sodoende nog beter te maak.

Gho l f 1 s t e s pan Agter: Ghery Rabie, Gerhard van der Merwe Voor: Wynand Retief, John Rabie, mnr W Nel, Dylan Kayne, Daniël du Plessis

1 0 4 BO I SHAA I 1 5 4 Y E AR S

Made with FlippingBook Ebook Creator