Boishaaier 2022

kr e at i ewe s kry f s t ukk e

Sy do e n d i t we e r ! My tagtigjarige oupa Frits sê dat ’n mens eers die mooi van die Kalahari werklik kan waardeer as jy ’n droogte beleef het ... Ek het grootgeword in ’n huis waar ons gebid en soms gesmeek het vir reën. Ek ken die gevoel van afwagting as jy die wolke in groot, blou, donker bolle sien saampak en jy al die reën se stofreuk kan ruik. Ek weet van die teleurstelling as jy geute moes skoonmaak sodat ons drinkwater kan opvang en dan kom die westewind en waai al die wolke weg. Ek weet hoe dit voel om duin na duin oor te ry en jy sien net rooisand en ’n paar grysgebrande driedorings. En al is jy al lankal op ’n vlak waar jy jou moed verloor, maak die hemel op ’n dag sy sluise oop en reën dit so hard dat die groot, vet druppels duike in die rooisand slaan. Dan kan jy letterlik sien hoe die afgeleefde, verslete plante weer hul koppe lig en die reënwater indrink. Dis dan wat jy beserf: Sy doen dit weer! Die natuur doen dit weer. Sy gee nooit moed op nie. Met dankbaarheid vir water, sonder enige kompos of kunsmis, ontkiem daar ’n magdom van saadjies en beur groen, nuwe blaartjies deur die rooisand na bo. Ek staan elke keer verstom oor hierdie wonderwerk. Hoe bly hierdie sade vir jare aaneen onder die grond behoue, met temperature van hoër as veertig grade, geduldig en wagtend op daardie kosbare reën? My oupa reken mens kan die plante hoor groei. Daarvan is ek nie heeltemal so seker nie. Ek dink wel as jy genoeg geduld het, sal jy dit kan sien groei ... Een klein groen sprietjie raak ’n sterk, stewig geankerde bos. Een klein groep sprietjie raak kos vir die diere. Hoe dankbaar is die Kalahari nie. Vir sewe jaar is dit droogte en groei daar absoluut niks. En dan, ná een goeie bui reën, is dit asof die Here sy verfkwas weer optel en die Kalahari inkleur met alle kleure van die reënboog. Dis plate goudgeel duwweltjies en langbeen- boesmangras wat in die son blink soos koringlande; die driedorings dra swaar aan stringe wit blommetjies. En as dit die regte tyd van die seisoen reën, dan grawe ons Paasnaweek nabbas uit. Dis ook ’n Kalaharilekkerny wat jy nêrens anders in die wêreld kry nie. Het jy al ooit ’n boer sien dans in die reën? Nou sal die liedjie dalk meer sin maak, want reën is lewe. Daardie groen plantjie wat moedig sy pad oopveg, gaan ’n plant word en al kom die droogte en vernietig alles, gaan sy saadjie met die volgende reën weer as klein plantjies deur die rooisand beur. Lieben Engelbrecht (12E)

Vat n e t my r e g t e rhand Doef-doef. En daar is ’n stilte ... Doef-doef.

My hart klop in my keel. Ek sien ’n lig ... en nog een ... Dis ’n ry van ligte wat een vir een voor my oë verbyvlieg. Dit laat my dink aan die Hugenote-tonnel as jy daardeur ry. Ek het hoeka al daardie tonnel gebruik om by my huis uit te kom. Dis seker my lewe wat voor my oë verbyflits. Ek hoop net hy neem my regterhand, maar ek gaan nie daaroor stres nie; wel, nie nou nie. Is dit hulle? Hulle lyk nes ek verwag het. Dis die engelekoor, hulle kyk af op my; hy is seker op pad. Hulle lyk nogal vreemd ... hulle dra wit jasse, amper soos die een wat my dokter gedra het. Hy was ’n gawe man. En hy was glad nie deurmekaar nie, so georganiseerd. Daar is ’n geraas; ek dink ek is dalk nie die enigste een nie. Almal klink so benoud. Ek stres net oor een ding ... hy moet net my regterhand vat! Die engele skarrel rond, amper asof hulle na iets soek. Dalk soek hulle na my? “Hallo! Ek is hier!” Ek kan niks hoor nie. Net ’n pieng-geluid in my oor en die klank van iemand wat sukkel om asem te haal. Ek probeer weer uitroep, maar niemand kyk na my nie. Dankie tog, hier is een, maar hy kyk deeglik na my liggaam en my arms, nie na my gesig nie. Hy moet net my regterhand vat ... dit was nog altyd my sterkste hand ... Hulle druk iets in my arm. Dis baie seer, my hele lyf pyn. Dis aaklig! Wat doen die engele aan my? Ek is só moeg ... miskien moet ek probeer slaap? Voor ek kon, stap ’n Man nader. Hy steek sy hand uit. “Here, is dit Jy? Kan ek by Jou kom bly?” Hy draai my linkerhand en sien ek het my polse gesny. Charl Keet (12E)

1 0 2 BO I SHAA I 1 5 4 Y E AR S

Made with FlippingBook Ebook Creator