Boishaaier 2022

c r e at i v e wr i t i ng

Wat sou hy dan nou aangevang het? My ma praat oor hom – nie met hom nie? Sy sit uiteindelik die foon neer. Ek spring uit die bed om te hoor watter strooi my broer dié keer aangevang het. Ek sien my ma is na aan trane. Ek gee haar ’n drukkie en dit laat bars die damwal. Ek voel hoe haar trane oor my skouer vloei. Moet ek nou vra? Ek is bang. Ek skep moed bymekaar en vra wat fout is. Deur haar gesnik kan ek uitmaak my broer was in ’n motorongeluk en is ernstig beseer. Een van my broer se vriende het haar gebel. Ek trek vinnig aan en borsel my tande voor ons hospitaal toe vertrek. By die hospitaal staan en wag een van my broer se vriende ons in en neem ons na sy kamer. Masjiene staan die kamer vol om hom aan die lewe te hou. Dit is vandag presies twee jaar later. Ek dink terug aan daardie oomblik toe my ma se foon gelui het, die dag van die ongeluk. Ek skrik uit my gedagtes toe my broer my op die skouer tik. Hy het deurgedruk en het die lig aan die einde van

D i e s e l f o on l u i s k i e l i k . . . Ek word wakker met die son wat deur die blindings skyn en heerlike spek en eiers wat op my bedkassie staan. Die reuk daarvan laat my mond water en ek is kiertsregop in my bed, gereed om reg aan die ontbyt te laat geskied. Dan word dit onderbreek deur ’n selfoon wat lui. Wie sal dan nou agtuur op ’n Sondagoggend bel? My ma antwoord nie. Seker maar een van daardie bemarkingsagente of iets. Ek geniet my kos in stilte verder. Ek neem my bord kombuis toe. Die water is kokend op my hande as ek die skottelgoed was. Ek sluip terug kamer toe om weer in die warm bed te gaan lê. Die winteroggende het deesdae ’n byt in hulle. In my bed word my rustigheid weer deur die irriterende luitoon van my ma se foon onderbreek. Wie op aarde kan dit wees? Tog nie weer ’n bemarkingsagent nie? My ma antwoord dié keer die foon. Ek sien haar verby my kamer stap. Haar gesigsuitdrukking spreek boekdele. Iets is fout! Ek probeer stil lê om te hoor waaroor die gesprek gaan. Net nou en dan maak enige woorde sin, maar dan hoor ek my broer se naam. My br o e r Met my broer wat vyf jaar ouer as ek is, is dit maklik om te glo dat ek permanent die fisieke nadeel gehad het. Al die herinneringe aan ons wat gestoei het oor simpel dinge, byvoorbeeld wie die rugbybal mag vashou, kom nou nog daagliks in my gedagtes voor. Asook al die krieket- en rugbywedstryde wat ons in die agterplaas gespeel het. Dit is herinneringe wat ek tot vandag toe koester, al het ek hoeveel keer les opgesê wanneer ek teen hom moes kompeteer. Wat ’n rolmodel was hy nie! Iemand om na op te kyk. Iemand wat my gehelp het as ek gevra het en advies kon gee gebaseer op sy eie ervarings. Ek onthou ek wou altyd soos hy wees. Die klere wat hy gedra het, wou ek dra. Die nuwe skoene wat hy gekry het, wou ek hê. As hy soveel kos opgeëet het, wou ek hom ewenaar. Ek het selfs sy bewegings probeer na aap. Ek het hierdie bewondering vir hom gehad. Het dit tot vandag toe ... Die tyd het gekom dat ek hom al hoe minder begin sien het. In die begin, as ’n klein en dom seuntjie, het ek gedink dat dit so lekker sonder hom gaan wees. Niemand om mee te stry of te baklei nie. Niemand wat my irriteer nie, maar dié gevoel het nie lank gehou nie. kr e at i ewe s kry f s t ukk e

die tonnel bereik. Erik Viljoen (12E)

Skielik was daar so ’n stilte in die huis. Die huis was so leeg en het so koud gevoel sonder hom. Elke keer wat ek deur die huis gestap het, was die leë kamer net ’n vinnige herinnering dat hy nie meer daar is nie. Deesdae is die enigste tyd wat ek hom sien in die Desembervakansie. Hy is so besig met die grootmenslewe en ek aan die einde van my skoolloopbaan dat ons enigste kommunikasie ’n boodskap via die selfoon is. Maar selfs op ’n afstand kyk ek steeds op na hom. Ná die suksesse wat hy tot dusver behaal het, is hy nog steeds die nederige mens wat van die klein skooltjie op die platteland kom. Ek dink aan die bekende aanhaling wat baie algemeen deur mense gebruik word: “Dit was die goeie ou dae.” Ek wens net daar was iemand wat destyds vir my kon sê dat ek besig was om in die goeie ou dae te leef. Dalk sou ek die tyd saam met hom meer waardeer het? Maar vir nou klou ek vas aan die herinneringe en die gevoel van liefde tussen twee broers. Dis ’n onbeskryflike gevoel wat hy vir my gegee het. Dit is die enigste geskenk wat ek werklik nodig gehad het om in hierdie samelewing te ontvang. Dít is my broer. Hugo-Ben Horn (12E)

BO I SHAA I 1 5 4 Y E AR S

1 0 1

Made with FlippingBook Ebook Creator