Boishaaier 2022

kr e at i ewe s kry f s t ukk e

Me d i syn e v i r d i e s i e l

D i e handdruko o r e e nkoms Ek hoor die tralies klap laer in die gang af. My horlosie wys drieuur. Die maan loer vir my deur die klein openinkie na die vryheid wat buite lê. Al wat ek nou kan doen, is om na die yskoue mure van sel nommer veertien te sit en staar. Wat het my besiel! Hoekom moes ek my werk verloor? Hoekom het ek besluit om Johan se Cobra te leen en die pad Langebaan toe aan te durf? Oor vyf uur ontmoet ek my enigste hoop om hier uit te kom, Susan Marais. My toekoms lê nou in die hande van die staat. Al die tekens was daar: Johan se gretigheid om so gou as moontlik sy motor vir my te gee en sy flou verskoning van die kattebak wat nie kon oopmaak nie. Hoekom was ek so naïef? Ek het hom al jare geken. Drie en dertig jaar om presies te wees. Die vertroue dat ek sy kar vir ’n week – net met ’n handdruk – kon leen, was genoeg vir my. Nooit het ek gedink dat hy dit sou doen nie. Die N7 was oop en stil. Vir die eerste keer náa Petra verdwyn het, het my gedagtes stil geraak. Ek kon nie glo dat die polisie geen vordering in drie weke kon maak nie. Die wind deur my hare het my pyn en hartseer weggewaai. Oomblikke lank was ek die enigste persoon wat bestaan het. Die asemrowende landskap om my was die enigste ding wat saak gemaak het. Ek het besluit om vrede te maak met die moontlikheid dat ek nooit weer vir Petra sou sien nie. Ewe skielik het blou ligte in my spieëltjie verskyn met sirenes wat kort daarna geloei het. Vir ’n oomblik was ek bitterlik verward: Het ek dalk te vinnig gery? Dit neem ’n rukkie om tot verhaal te kom en ek verminder spoed om af te trek. “Hoe kon jy hierdie ‘Classic’ so behandel?” het die polisieman se sarkastiese woorde in my kop weergalm toe hulle die kattebak oopmaak. ‘Bly asseblief daar, Meneer,” het die polisieman bevel toe ek nader na die kattebak gestap het. … en daar, in die kattebak, het Petra se Die geritsel van die sleutel in die traliehek se slot ruk my uit my gedagtes. My horlosie wys agtuur. Dit is tyd. So stap ek die tronk se gang af en in by ’n klein vertrekkie met ’n tafel in die middel. Daar sit Susan Marais. Vir die volgende paar uur bespreek ons die afgelope drie weke se gebeure. Met nog ’n handdruk en vertroue is Susan daar weg. Hopelik het hierdie handdruk ’n beter uitkoms. Jacques Rossouw (12E) lewelose liggaam gelê. Alles kom tot stilstand.

Tik. “Wat maak dit hier? Jy weet dit is sleg vir jou!” sê ek bekommerd. “Waarom kerm jy so? Niemand sal weet nie – en dit kan ook nie seermaak om te probeer nie,” antwoord hy. Hy klink soos die duiwel op my skouer. Die duiwel oorreed my. Ek neem die mes en sny ’n gat in die sak. Ek maak ’n lyn op die tafel en snuif dit. Ewe skielik word die kamer gevul met kleur. Die papierversierings bons van pret en lag. Die mure en vloer dans soos ’n boom in die wind. Ek is gelukkig! Iets roep my na die deur. Daar staan ’n grys, dun man. Sy naels is lank. Het hy ’n stert?! Die vloer hou op met dans en die versierings bons nie meer nie. Ek val terug in ’n vaal realiteit. Ek kyk na Ferdinand. “Gee my meer,” beveel ek. “Jy het genoeg gehad,” protesteer hy bekommerd. Ek gryp die sak uit sy hande en snuif sommer uit die sak. Die versierings bons weer. ’n Skoenlapper fladder in die lug. Die man is weer daar. Hy beduie na die inseknet op die tafel. Ek tel dit op en probeer die skoenlapper vang. Hy koes en keer. Êrens hoor ek my naam, maar dit verdwyn in die golwe van euforie. Uiteindelik vang ek hom. Geluk vloei deur my hele liggaam. Ek kyk na die man vir erkenning. Stilte. Hy glimlag net en verdwyn soos mis in die vroegoggend. Ek kyk terug na die skoenlapper. Bloed stroom uit die insek. Die bloed was al die kleure van die mure af. Toe die laaste druppel verf verdwyn, sien ek die ware prent voor my oë: Mes in my hand is ek besig om Ferdinand in die nek te steek! Terwyl die lewe uit sy liggaam vloei, besluit ek dat ek genoeg gehad het. Marco Tolken (12E) “Ek het genoeg gehad wanneer ek besluit dit is genoeg!”

Op so ’n lieflike dag, wanneer die son warm skyn en die wind nog slaap, sal enige normale mens soveel tyd moontlik buite spandeer. Nie ek nie. My depressie laat my nie toe om sulke geleenthede te gebruik nie. Ek lê in my leë kamer met die medikasie wat veronderstel is om te help. My foon lui. Dis Ferdinand, my vriend. Hy kry my al weer net jammer. Ek antwoord die foon. “Haai daar, Marco. Wil jy nie by my vanaand kom kuier nie?” “Hallo, Ferdinand. Ek kan nie. Ek het planne,” antwoord ek sonder enige planne. “Komaan. Ek het ’n verrassing vir jou.” Nuuskierigheid neem oor. “Ek sal my planne skuif,” sê ek. “Jy sal nie spyt wees nie,” verseker hy my. Sy opgewondenheid maak my ongemaklik. Hoe goed kan hierdie verrassing wees? Ek kom agtuur by sy huis aan. Ek klop aan die deur. “Hallo, Marco. Hoekom frons jy so?” vra Ferdinand. Ek het nie besef dat ek frons nie. Ek is te moeg om my valse gelukkige gesig te dra. “Ek is siek,” sê ek. Ek weet nie of dit ’n leuen of die waarheid is nie. “Ek het die perfekte medisyne vir jou,” sê hy saggies. Daar is niemand anders by sy huis nie, maar hy kyk rond asof hy nie wil hê iemand moet sien hy is op pad kamer toe nie. Waaroor is hy so bekommerd? Wat steek hy weg? In sy kamer sak hy af en voel rond in die donkerte onder sy bed. “Soek jy vir monsters?” probeer ek ’n grap maak. “Ja,” antwoord hy ernstig. Angs vul my liggaam. “Het ek jou reg gehoor?” vra ek benoud. “Jy het. Hierdie monster is net in poeiervorm.” Hy haal ’n sakkie wit poeier en ’n mes uit die donkerte.

1 0 0 BO I SHAA I 1 5 4 Y E AR S

Made with FlippingBook Ebook Creator