Boishaaier 2020

KRIEKET

KRIEKET

Ons het ’n baie besige jaar beleef. Ons skop af met die Cape Cricket Festival met agtien o. 19- en o. 15-spanne van oral in die land. Dit is die grootste fees van sy soort in Suid-Afrika en volgende jaar mik ons om weereens daarop te verbeter. Ons tweede span het ook vir die eerste keer aan die Kaapstad- toernooi deelgeneem waar hulle Grey Bloemfontein in die finaal van die T20- kompetisie klop en onoorwonne eindig in die 50-beurtewedstryde.

Ondanks die pandemie het ons daarin geslaag om in die vierde kwartaal 18 wedstryde te speel. Daar was die vol- gende honderdtalle en prestasies van vyf en meer paaltjies per beurt: 100-talle; Kyle Doubell vs Weston & Westville Boys’ High; Kenan le Roux vs Somerset College; Christiaan Burger vs Northcliff; Armandt Coetsee vs Paul Roos; Gysbert Wege vs Paul Roos; Rubin Dames vs Durbanville Curro; John Vermaak vs Durbanville Curro; Samrique Kayster vs Durbanville Curro; Liam Haarhoff vs Paul Roos 5 en meer paaltjies per beurt; Juanrico Vorster vs Paul Roos; Johan Wege vs Paul Roos; Stephen van Eyssen vs Strand; Wessel Roos vs Somerset College; Cobus Louw vs Somerset College; Jordan Williams vs Paul Roos; Divan Swanepoel vs Curro Durbanville; Neil Goosen vs Paul Roos; Neil Goosen vs Curro Durbanville Baie dankie aan elke afrigter vir die lang ure in die son en die mooi manier waarop julle met die seuns werk. Baie dankie aan mnre Carstens en Johan Swart en hulle span wat die velde en blaaie vir ons voorberei; ons is regtig dankbaar vir die tyd en werk wat julle vir ons doen. Baie dankie aan die dames van die koshuis wat altyd gereed staan met ons etes en drankies. ’n Spesiale dankie aan ons ouers vir hulle volgehoue ondersteuning deur dik en dun; sonder julle kan ons dit nie doen nie. Laastens wil ek vir elke speler van HJS baie dankie sê vir julle gesindheid, julle tyd, julle lang ure in die son en die manier waarop julle vir HJS krieket speel. Ons is regtig trots op julle! Johann Louw (Hoof van Krieketafrigting)

O

Ons het in totaal 132 wedstryde gespeel waarvan ses wed- stryde oor een naweek – dit beteken gemiddeld 18 wed- stryde per week. Ons is ook trots om te kan sê dat ons vanjaar ’n o. 14E-span in die veld kon stoot. Die Covid-19-pandemie het sy uitdagings gehad, maar, ge­ trou aan ons jaar se leuse “Don’t limit your challenges, chal- lenge your limits”, het Boishaai gedurende die grendeltyd sterk vooruit gegaan. Daar is fantastiese veranderings aan die binnenshuise nette aangebring deur nuwe oppervlaktes en matte te lê. Daar is ook baniere van hoë gehalte ingesit om ons trots te maak op die fasiliteit. Ons is baie bevoorreg om goeie ondersteuning van ouers en die beheerliggaam te geniet sodat ons die grasnette buite vir die eerste keer in 30 jaar geheel en al kon oordoen. Dit maak ons krieket- geriewe nou die beste in die Boland. Ons is baie opgewonde oor die nuwe aanstelling van mnr Brendan Jonathan as voltydse baanopsigter vir krieket. Sy vermoë en entoesiasme is sonder twyfel ’n groot aanwins.

U.19A Back: John Vermaak, Gysbert Wege, Jett Marsberg, Ben Lombard, Divan Swanepoel, Kyle Doubell, Johan Cronjé, Wiann van der Merwe, JC Burger Front: Ms L Duckitt, Mr D Swart (headmaster), Michael Papenfus (captain), Mr JC de Clerk (coach), Wessel Roos, Messrs I Uys, J Louw

97

BOISHAAI 152 YEARS

Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online