Boishaaier 2020

CREATIVE WRITING / KREATIEWE SKRYFSTUKKE

GEHALTE KOS GELD. MOET UNIVERSITEITSGELDE BETAAL WORD? Die betaling van universiteitsgelde is ’n onderwerp van groot sensitiwiteit by menige Suid-Afrikaner, met opnames oor dié onderwerp wat permanent in die guns van vrye toelating swaai. Die al hoe meer-heersende opinie wat uit verskeie ongegronde ideolo- gieë stem, is duidelik dat universiteitsopleiding wel verniet moet wees. Ten spyte hiervan glo ek dat daar nie plek vir vrye toelating aan universiteite in ons land is nie, as gevolg van die verhoging van belasting, die feit dat studente steeds diep in die put van skuld verduister sal word en die voltooiingsyfer wat sal daal. Eerstens is dit onvermydelik dat belasting in Suid-Afrika sal moet verhoog namate universiteite hulle deure pasella begin oopmaak. Hoe anders kan die regering die fondse bymekaarskraap om hierdie reuseprojek in werking te stel? Daarom sal die belastingbetaler die swaar las moet dra om die projek finansieel te onderhou, terwyl vreemdelinge, wat volgens statistiek waarskynlik nie hulle graad sal voltooi nie, ander se geld verkwis. Die belastingbetalers sal dus nooit enige vrugte vir hulle moeisame insette kan afwerp nie. Tweedens sal studente steeds hope skuld bymekaarmaak. Alhoewel die koste van klasse teoreties gedek sal word, sal die buitensporige pryse van verblyf, voedsel en vervoer studente nogtans oorrompel. Gepaardgaande met die feit dat, van al die studente wat in 2010 aan Suid-Afrikaanse universiteite geregistreer het, net 56% van hulle na ses jaar hulle driejaargraad kon voltooi, het jy die resep vir ’n ramp! Studente onderskat doodeen- voudig die moeilikheidsgraad van hoërgraadse onderwys en het ’n gebrek aan die nodige selfdissipline, wat óf tot ’n verlengde studietydperk óf tot studente wat voortydig ophou, lei. Al die finansiële insette sal dus tevergeefs of meestal onnodig wees. Laastens sal die voltooiingsyfer by universiteite drasties val. Met miljoene meer mense wat nou klasse bywoon, sal die huidige infrastruktuur uit sy nate bars. Oorvol klasse sal nadelig wees vir die gehalte van onderrig. Boonop sal die aansporing wat baie studente gehad het om in hul studies te volhard (weens moeilike finansiële omstandighede tuis), nou verwyder wees. Hierdie hele projek sal dus lei tot ’n magdom jongmense wat voor- tydig ophou en steeds geen waardevolle vaardighede besit nie – maar deur lewenslange onafbetaalbare skuld verwurg word. Daarom, as gevolg van die verhoging van belasting, die feit dat studente steeds baie sal skuld en die voltooiingsyfer wat sal val, voel ek dat dit ononderhandelbaar is dat univer- siteitsgelde betaal moet word. Gehalte kos definitief geld! Ulrich le Roux (11C) BENEFITS OF FAILURE Failing: anyone’s worst nightmare. Every single one of us has thought about how dreadful it would be to fail a year. To be left behind - and involuntarily abandoned by your friends. A fate none of us ever want to experience. But what if I told you failing is one of the best things that can ever happen to us? Failures teaches us lessons. Think about every time you write a test. Tests are not made to see what you know; they are made to see what you don’t know. By failing we are made to recognise our mistakes and improve on them. Failure is not a bad thing, although our generation might think so. To fail, is simply our first attempt in succeeding. Sometimes to succeed to the highest extent in life you need to fail the most. Bill Gates , a 64-year-old who was banned from school for hacking and dropped out of Harvard, one of the most prestigious universities in the world. This “failure” now has a net worth of 113 billion dollars. Furthermore, a mere McDonalds cook, Jeff Bezos , is now the richest man in the world worth 188,5 billion dollars. Both hit rock bottom, but what propelled them to reach the heights they achieved, was and still is their hunger for knowledge and their eagerness to learn from their mistakes. Failure is not fun. It will have consequences like pain, even heartache, but the only way to learn the hardest lessons in life is through failure. Now sure sometimes failure is not an option. Fail to remember your instructor’s instructions while skydiving and it will be the last time you skydive, but the world we live in is not a ‘ One Shot, One Chance World ’. We can try and fail millions of times, but we only need it to work once You will fail exams or tasks or interviews, but the failure is what motivates us to keep go- ing, to not settle for average, to put in the blood sweat and tears needed to reach the top. So, when I leave here today, remember this one thing: Failure is not the end of the road – giving up is. Failure is a teacher that breaks down your willpower, but builds it back up, stronger than ever. Mitchell Waldeck (11C)

GEEN GOEIE DAAD WORD ONGESTRAF GELAAT NIE Dié ou idioom insinueer dat enige iemand wat ’n bietjie menslikheid wys in die koue, hedendaagse wêreld, ongelukkig die risiko loop om te na gekom te word deur mense wat nie dieselfde waardesisteem as hulle volg nie. Ek dink dié idioom spreek definitief brokkies waarhede, maar is dit altyd die geval? Ja, in die moderne wêreld is die meerderheid van mense gereed om enige iemand in die rug te steek as hulle voordeel daaruit sal kan trek. In die korporatiewe sakewêreld, veral, wentel lewens slegs rondom geld, mag en status. Ongelukkig is mense so behep met die idee van rykdom en vryheid dat hulle hulself toesluit in ’n tronk met mure van gierigheid en afguns, wat hulle sélf gebou het. Ek dink egter nie dit is die moeite werd om jou persoonlike waardestelsel by die venster uit te gooi net vir ’n bevordering by die werk of ’n “krismisbonus” nie. As ons nie meer ons waardes het nie, wat het ons tog oor? Al is dit uiters skaars, glo ek egter dat daar steeds mense is wat eerlikheid en integriteit soek in die mense wat hulle aanstel. Ek glo hierdie eienskappe sal jou baie verder bring in die lewe as wat mense sal dink. “Goeie maniere kos niks”, is die idioom wat my pa al in my ingeboor het, waarby ek eerder sal lewe. Al is ek nog net 17 jaar oud, het ek al telkemale gesien hoe mense se goeie gesindheid teenoor hulself en die mense rondom hulle só ’n groot en positiewe invloed het op hulle lewens. Ek dink mense wat glo hulle moet ander mense kelder om te styg, is onseker van hulself en bang. Hulle is bang dat iemand anders beter doen as hulle, omdat hulle so behep met status is. Daarom probeer hulle enige iemand wat goed doen, af te trek tot op hulle vlak. Alhoewel die wêreld nie meer altyd glo in goeie dade nie, glo ek steeds daarin, en ek sal altyd. Wat baat geld jou tog as jy niemand oor het om dit mee te geniet nie? ’n Goeie daad word egter soms ongestraf gelaat! Jandré Truter (11E)

90

BOISHAAI 152 YEARS

Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online