Boishaaier 2020

KULTUUR- K AMP

Op Woensdag 29 Januarie het al die lede van Cantare, die blaasorkes, serenadegroep én die drumline, tesame met mnre Van Hansen en Kühn en mee Goldstone, Theunissen en Von Mollendorf op die jaarlikse Kultuurkamp, wat by die Bergkroon-kampterrein in Bainskloof aangebied is, vertrek.

Hulle gebruik hierdie paar dae om nuwe repertorium vir die jaar aan te leer en het gemiddeld ses tot agt ure per dag geoefen. Die groepe het ook tyd inge- ruim om visies, doelwitte en waarde­ sisteme gereed te kry en groepleiers aan te wys. Daar word egter ook seker gemaak dat die akademie nie agterbly nie deur twee ure per dag opsy te sit vir huiswerk en hersiening.

H

Die Engelse debatspan het die Vrydagmiddag by die kamp aangesluit en het vurige debatte gevoer, onder leiding van me Götze en mnr Obermeyer. Tussendeur was daar darem ook tyd vir ontspanning, swem en lekker spanbouaktiwiteite! Die kamp is op 2 Februarie afgesluit met ’n heerlike kamp- konsert in Bergkroon se ouditorium, waartydens al die groepe geleentheid gehad het om vir mekaar en hulle ouers musiek te maak.

84

BOISHAAI 152 YEARS

Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online