Boishaaier 2020

HULDEBLYK - JOHAN STRAUSS

Die versoek van die redakteur van die Boishaaier om iets oor myself te skryf, het my voor ’n probleem te staan gebring. Ek praat of skryf nie graag oor myself nie omdat ek nie dink dat my lewe en gedagtes belangrik is en ander mense sal interesseer nie. Ek besef egter dat

sinkdakke op die veld voor die skool. Daar is geen sprake van lugversorgers of waaiers nie. Tussen periodes spuit ons die sinkdakke met ’n tuinslang nat en verbeel ons die klaskamers is koeler. Ek bied Afrikaans Eerste Taal (Huistaal) en Afrikaans Tweede Taal (Eerste Addisionele Taal) aan en word voorlopig net met junior klasse vertrou. Later kry ek ook senior klasse om te onderrig. Tussen 1982 en 1985 woon ek hoofsaaklik in Imhoff-koshuis, maar los ook af in Monte Bello en Werda. Vanaf 1986 tot 1991 is ek die huisvader van Bellevue, eers die ou koshuis in Zeederbergpleinstraat, en later die nuwe koshuis op sy huidige standplaas. Op sportgebied rig ek in die somer atletiek (hoogspring, gewigstoot, skyfwerp en hamergooi) af en in die winter rugby (omtrent al die spanne behalwe die eerste twee spanne). Die wisselwerking met die seuns in die koshuis en op die sportveld is van my aangenaamste herinneringe. Ek glo dat kennis van ’n leerder op ander terreine as die klaskamer noodsaaklik is vir ’n goeie verhouding tussen leerder en onderwyser. Met die verloop van jare het ek opgetree as vakhoof vir Afrikaans, graadhoof van graad 9 en departementshoof en was ook betrokke by die erekleurekomitee en handelsmerk- komitee. Buite die skool sluit my belangstellings vuurwapens, jag, sportskiet, militêre geskiedenis, klassieke motors, lees en musiek in. Ek beskou my as geweldig bevoorreg om vir 39 jaar lank ’n deel van die “Boishaai-familie” te kon wees. Dit word algemeen aanvaar dat suksesvolle skole se sukses te danke is aan ’n hegte vennootskap van onderwysers, leerders en ouers. In die geval van ’n baie ou skool met jarelange tradisies, kom ’n vierde komponent, die oudstudente, by. Oudstudente wat hulle bande met die skool behou, kan ’n baie waardevolle rol in die behoud van tradisies en etos speel, mits hulle onthou dat steeds veranderende omstandighede nuwe eise stel en dat uitgediende gebruike soms deur nuwe, meer relevante gebruike vervang moet word. Personeellede het oor die jare gekom en gegaan, maar hulle was feitlik sonder uitsondering hoogs professionele en toegewyde onderwysers met ’n passie vir hulle vakke en die opvoeding van jong seuns. Ek ag my gelukkig dat ek sulke mense, wat nie net kollegas was nie, maar ook vriende, kon ken. Oudleerders wat vir ’n paar jaar in die buiteland was of om ’n ander rede kontak met die skool verloor het, vra my soms of “Boishaai nog die ou Boishaai is”. Die antwoord is natuurlik nee, die ou Boishaai sou nie in die nuwe Suid-Afrika kon voort- bestaan nie. Ek glo dat dit juis Boishaai se vermoë om hom- self te vernuwe en aan te pas by die eise van die hede is wat die skool se voortbestaan verseker. Hierdie vernuwing mag egter nie die drie tradisies waarop die skool gebou is misken nie. Solank goeie gedrag, goeie leerlingskap en goeie sport- manskap ons ankers bly, sal die Boishaai-skip nie vergaan nie. Ek sien uit daarna om in die toekoms dop te hou hoe Boishaai steeds van krag tot krag gaan en jong leiers van die hoogste gehalte die wêreld instuur. Johan Strauss

J O H A N STRAUSS

die tradisie om iets oor ’n onderwyser wat aftree in die jaarblad te plaas, vereis dat ek oor myself en my verbintenis met Boishaai moet skryf. Ek is in die 1950’s in Parow gebore. In daardie jare het die eendsterte (ducktails) met klinknaelbroeke, leerbaadjies, skerppuntskoene met “studs” onder die hakke en Brylcreem- gepleisterde hare in bendes met Voortrekkerweg deur Bell- ville, Parow en Goodwood tot in Woodstock beweeg. Hulle was die armman se “Hell’s Angels” wat hulle meer berugte helde met of sonder

motorfietse probeer naboots het. Mense het spottenderwys gesê dat die fietskettings, wat hulle as wapens gedra het, gechroom en geghries was

– om die geveg skoon te hou en dit glad te laat ver- loop. Hulle het graag teen- standers gewaarsku met: “Don’t tune my skraal, my china, I’ll buckle your frame!” Daar was egter ook die konserwatiewe Afrikaner wat geleidelik uit die platteland na die stad beweeg het in ’n poging om droog-

tes, veesiektes en verarming te ontsnap en ’n vaste werk en inkomste te vind. Die Spoorweë, Poskantoor, Polisie en privaat maatskappye het aan die gelukkiges ’n vaste werk en ’n karige salaris gebied. Hierdie mense was die spreek­ woordelike sout van die aarde wat hulle plattelandse ge- bruike, gesinswaardes en geloof in die stad probeer behou het. Teen hierdie agtergrond ontvang ek my skoolopleiding aan die Parow Voorbereidende Skool, Laerskool Parow-Sentraal en Hoërskool Tygerberg. Na skool studeer ek aan die Universiteit Stellenbosch en verwerf die BA-graad en Hoër Onderwysdiploma en ’n paar jaar later ook die BEd-graad. In Januarie 1980 meld ek by die Infanterieskool op Oudtshoorn aan om met twee jaar militêre diensplig te begin. Na voltooiing van ’n Junior Leierskursus en ’n paar maande grensdiens in die destydse Suidwes-Afrika, word ek gekeur om as ops-offisier opgelei te word. Ek bring my tweede dienspligjaar deur by die Kommandement Witwatersrand HK en op ’n paar ander plekke, waar ek interessante mense ontmoet en interessante gebeure beleef. Ten spyte van al die kritiek op die dienspligstelsel, het ek nog altyd geglo dat dit my ’n waardevolle insig in ander mense en ook in myself gegee het. Op ’n snikhete dag in Januarie 1982 begin my onderwysloop- baan by die Hoër Jongenskool Paarl. Personeeldrag is ’n pak klere en ’n das vir mans. Vir iemand wat in die voorafgaande twee jaar selde ’n das gedra het, is dit ’n marteling. Uitge- breide bouwerk word aan die skool gedoen en ek en sewe ander onderwysers se klaskamers is houtgeboutjies met

8

BOISHAAI 152 YEARS

Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online