Boishaaier 2020

HULDEBLYK - JOHANNES BARNARD

J O H A N N E S BARNARD

Johannes is ’n boorling van die Olifantsriviervallei en voltooi sy skoolloopbaan in 1973 aan die Hoërskool Vredendal.

Ná twee jaar militêre diensplig voltooi hy sy Primêre en Sekondêre Onderwysdiplomas in Wiskunde en Liggaamlike Opvoeding aan die Paarl Onderwyskollege. Hy begin sy onderwysloopbaan by Hoërskool Murraysburg en sluit in die 1980’s by die personeel van Hoërskool Labori in die Paarl aan. Johannes speel ’n sleutelrol in die vestiging en implementering van Inligtingstegnologie as vak by Hoërskool Labori waarby alle hoërskoolleerders van die verskillende hoërskole

verlaat die onderwys vir byna vyf jaar voor hy hom in 2009 by die HJS-familie aansluit. Nie net is hy ’n groot aanwins by die Wiskundedepartement met sy uitgebreide vakkennis nie, maar neem HJS se gholf in samewerking met me Elmari Gaum tot verdere hoogtes deurdat ons gholfspanne as een van die beste skoolspanne in Suid-Afrika bestempel word. Johannes is getroud met Nella en twee dogters en ’n seun is uit die huwelik gebore. Hy is baie lief vir avontuur en die buitelug. Ons is telkemale vermaak deur stories van lang- padvakansies met hom en Nella op die rug van sy geliefde BMW-motorfiets. Johannes se personeelopeninge was al- tyd ’n boodskap tot nadenke met gewoonlik ’n voorlesing of kwinkslae uit ou boeke wat hy óf in ’n winkeltjie óf op die internet raakgeloop het. Hy het beide leerders en me- dekollegas ten alle tye met die grootste respek behandel. Sy weloorwoë opinie, wat hy op ’n rustige manier en eers ná aanhore van ander se bydraes oorgedra het, het altyd gespreek van ’n stille wysheid en rype ervaring. Die manier waarmee hy uitdagings hanteer, dien as voorbeeld vir ons almal. Sy aansteeklike laggie sal baie gemis word.

N

in die Paarl kon voordeel trek. In 1990 behaal hy ’n BSc-graad aan die Universiteit van Suid- Afrika met Wiskunde, Geografie en Rekenaarwetenskap as hoofvakke. Johannes voltooi sy Honneursgraad in 1993 aan die Universiteit van Stellenbosch, asook ’n MBA by dieselfde instansie in 1994. Sy tesis handel oor “Die toepasbaarheid van die aksies ten opsigte van die onderwys in Korea op en ter verbetering van die onderwysstelsel in Suid-Afrika”. Johannes was onder andere departementshoof by Hoërskool Voortrekker Wynberg, adjunkhoof by Hoërskool Keimoes en vanaf 1997 tot 2004 skoolhoof van Hoërskool Labori. Hy

Stéfan van Hansen

4

BOISHAAI 152 YEARS

Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online