Boishaaier 2020

BACK-A-BOISHAAIER-HULPFONDS Reeds vroeg in die grendeltyd het ons agtergekom dat heel- wat HJS-seuns en hul gesinne finansieel begin swaar trek het en nie altyd voedsel op die tafel gehad het nie. Dit het die Bemarkingspan aangespoor om die “Back-a-Boishaaier”- voedselskema te begin. Die HJS-personeel het dadelik ingespring en ’n reusebydrae gemaak met ’n driemaande- belofte ( pledge ). Hierna is ons oorval met donateurs wat deurlopend bygedra het tot die fonds. Naastenby 40 gesinne het oor ’n periode van nege maande ondersteuning ontvang. Ons het ook besef dat daar net soveel HJS-leerders sal wees wat nie die data kan bekostig waarmee hulle skoolwerk en huiswerk via Google Classroom moes ontvang nie. Danksy onder andere borge soos Vodashop en ruimskootse sken­ kings kon ons hierdie leerders aan die studeer kry. HJS se tegnologiespan het die dataondersteuning ’n stappie verder geneem en ’n spesiale “drive-through” WiFi-oplossing in

Auretstraat geskep waarmee enige HJS-leerder op die skool se “uncapped” WiFi kon inskakel om sy skool- en huiswerk af te laai. Verskeie fondsinsamelings is gedoen vir die BaB-voedsel- en datafonds, onder andere ’n Back-a-Boishaaier virtuele konsert waar oudleerders soos Danie du Toit van Spoegwolf, Johan Pretorius, Christopher Kruger van Jackal and The Wind asook “Derek Swart and the Dominant Ou’s” die virtuele skare vermaak het. RASSIE ERASMUS KUIER IN DIE PAARL Die onverwagte eer het HJS te beurt geval toe die afrigter van die Springbok-kampioene van die Wêreldbeker op 5 Fe­ bruarie in die Paarl kom kuier het. Ongeveer 300 gaste het die voorreg gehad om na die energieke Rassie te kon luister. Ons borge, Nexus en L’Avenir, het bygedra om die aand vir ons baie spesiaal te maak

HJS FONDSINSAMELINGSPROJEKTE

Die HJS fondsinsamelingskomitee het die jaar goed afgeskop met ’n baie suksesvolle jagpakketveiling wat in Februarie gehou is. Kort hierna tref Covid-19 ons en ruk die wêreld letterlik tot stilstand. Die koronaviruspandemie het die tradisionele manier van reis, werk, feesvier, leer, onderrig en kommunikeer op sy kop gekeer. Ondanks ’n ongelooflike moeilike jaar vir bykans almal, hetsy finansieel, fisiek of emosioneel, het ons deurgedruk en met almal se ondersteuning en leiding hou ons in November sommer twee fondsinsamelingsprojekte, naamlik die lamveiling en die wynveiling, slegs twee weke uit mekaar. Beide hierdie projekte verloop ook baie suksesvol, ten spyte van die ongekende tyd waarin ons onsself tans bevind. Ons wil graag aan elke seun, ouer, Old Boy en ondersteuner van harte bedank vir die volgehoue ondersteuning wat ons jaar in en jaar uit ontvang. Sonder elkeen se unieke bydrae sou dit beslis nie vir ons moontlik gewees het vir hierdie projekte om plaas te vind nie. Ons sien uit daarna om volgende jaar saam met julle aan te pak.

139

BOISHAAI 152 YEARS

Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online