Boishaaier 2020

MARKETING

BEMARKING

Ons was dus ondanks al die beperkings redelik bedrywig met die uitbou van die skool se handelsmerk en sy beeld na buite. Hier volg ’n paar van die pro- jekte waarby Bemarking betrokke was of wat deur ons geïnisieer is: BORGSKAPPE In ’n jaar waar HJS baie min geleentheid gekry het om aan sy borge blootstelling te gee, was ons baie bevoorreg om steeds hulp van ons staatmakerborge te kon ontvang. O Nieteenstaande hierdie uitdagende Covid-jaar het die Bemarkingspan nie teruggehou om deurlopend nuwe kreatiewe en inspirerende geleenthede en konsepte te skep waardeur ons hopelik ’n positiewe bydrae kon lewer tot hierdie buitengewone ontwrigte jaar nie.

kom wanneer niemand kyk nie. “Major the majors en minor the minors” was ook baie goeie advies wat sy vir die ma’s gehad het. ADT-WAENTJIE Ons dank aan Fidelity/ADT vir die gebruik van hulle mobiele beheerstasie tydens die Covid-jaar. Dit het dit vir HJS moont- lik gemaak om alle besoekers van die skool by die hoofhek te kon inteken. MOEDERSDAG Tydens die grendeltyd het die Boishaai-familie die inisiatief van ons koshuispersoneel en hul gesinne skitterend onder- steun deur vir al die inwoners van ons drie aftreeoorde in die Paarl van ’n sjokolade te voorsien. Hier staan mnr Derek Swart, Frans Cloete en gesin en Willie Nel by mev A du Toit van Rusoord. BOISHAAI TV Boishaai TV het vanjaar ’n groter rol as gewoonlik gespeel om ons blou familie ingelig te hou tydens ’n baie deurme- kaar Covid-19-jaar. Regdeur grendeltyd was hierdie span aan die werk met die saamstel van Covid-19-inligtingsvideo’s, “Lockdown”-saalbyeenkomste en inligting wat die skoolhoof aan die Boishaai-familie moes deurgee oor die uitwerking wat elke nuwe aankondiging van ons President op ons leerders en personeel sou hê. Ons moes ook vanjaar afskeid neem van Boishaai TV-re­ gisseur, Miguel Pretorius, wat groener weivelde in Gauteng gevind het. Baie welkom aan Dewald Demas wat sy skoene gaan volstaan. (NO) INTERSCHOOLS 2020 Rugby matches between the two rival schools started in 1902, but they were not regarded as Interschools. Up to 1915 three matches per season were played between the schools. Only one was regarded as an Interschools. Although the 1928 Interschools match was cancelled due to a dispute between the schools and Paarl Rugby Club (the cus- todians of the Faure Street rugby stadium), the two schools did play each other in that year’s league competition. Covid-19, however, resulted in the two schools not compet- ing at all, for the first time since 1902. To commemorate this unique situation, the two schools, in collaboration with the Paarl Boys’ High Old Boys’ Union, created a ten-year high- light package presented by PBHS Old Boy Corné Krige and Paarl Gim Old Boy Kobus Wiese. We also sold Faure Street tickets to give viewers access to the highlight package.

Verder was ons bevoorreg om nuwe borge, Safire en IXU, aan boord te kon kry op die gebied van krieket, asook nuwe rugbyborge, naamlik Vetus Schola en QuanSur. Vetus Schola het ook die skool se beveiliging oorgeneem met hulle ge- wapendereaksie-eenheid en veiligheidswag by die koshuise. Ons was ook bevoorreg om ’n nuwe borg by HJS-tennis te verwelkom, naamlik Star South. Baie welkom aan al ons nuwe borge. Ons hoop om ’n lang pad saam te stap. REIS NA GISTER Jak de Priester, bekende sanger, skrywer en TV-aanbieder, het saam met oudleerder Christo Wiese (matriek 1958), welbekende entrepreneur en sakeman met bekende onder- nemings soos Pepkor, Shoprite Holdings en Invicta Holdings in die mynbedryf, TV-opnames by HJS kom doen vir sy TV- program “Reis na Gister”. SAFIRE VERSEKERING-KRIEKETWAENTJIE Baie dankie aan Leon Kruger van Safire Versekering vir die borg van ’n sleepwa waarmee veral ons krieketspanne hulle toerusting kan vervoer. MA-EN-SEUNAAND HJS se jaarlikse Ma-en-Seunaand was ’n reusesukses, moontlik gemaak deur Akademia. Die funksie, wat in die skoolsaal plaasgevind het, is bygewoon deur 200 ma’s en seuns. Ons sprekers was mnr Derek Swart, wat met die seuns gesels het oor hoe seuns ’n dame moet hanteer, asook ons hoofspreker, die bekende opvoedkundige van Stellenbosch, dr Jeanette de Klerk-Luttig, wat die ma’s ’n kans gegee het om te raai wat haar seun se gunsteling- boek, -fliek en -vriend(in) is, terwyl die seuns op hulle beurt moes raai waar hulle ma’s op skool was, saam met wie sy matriekafskeid toe is en hoe sy en Pa ontmoet het. Sy het uitgebrei oor karakter en genoem dat jou karakter na vore

138

BOISHAAI 152 YEARS

Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online