Boishaaier 2020

TENNIS

TENNIS

In hierdie moeilike jaar kon ons darem ’n bietjie tennis speel.

I

TSA-TOERNOOIE Verskeie van ons seuns neem deur die jaar deel aan hierdie toernooie en behaal die volgende welslae: • William Zulch haal die semifinaal van die dubbels by die Potch ITF-toernooi. Hy wen die dubbels in die mansafde­ ling van die WP-Mini 3. • Luan Krige eindig derde in die mansafdeling van die WP Mini 3. Luan wen ook saam met William die dubbels. • JC Paul wen die goue afdeling van die WP Mini vir seuns onder 14. • Luan Krige is nommer 6 in Suid-Afrika vir seuns onder 18. • Frans Willem van der Merwe is nommer 10 in Suid-Afrika vir seuns onder 16. • WilliamZulch is nommer 19 vir seuns onder 18 in Suid-Afrika. • Luan Krige eindig derde by die Vrystaat Growthpoint- toernooi. William Zulch eindig sesde. Albei het in die mansafdeling gespeel. Luan en William wen ook die dub- bels by hierdie toernooi. • JC Paul eindig by die WP Pro Kennex Mini 2 tweede vir seuns onder 14 en wen die Boland Sportmans Warehouse Mini 2. • By TSA se nasionale toernooi eindig William en Luan albei onder die top-8 in die onder 18-afdeling. Frans Willem van der Merwe haal die semifinaal van die dubbels by die onder 16-afdeling. Luan en William eindig as die wenners in die onder 18-dubbels. Baie geluk aan ons nasionale kampioene met hierdie uitstekende prestasie. Ek wil graag afsluit deur vir Luan Krige en Herman Snyman te bedank vir hulle voortreflike diens aan die tennisspan die afgelope paar jaar. Ek wil ook al ons spanne gelukwens met hul puik vertonings vanjaar.

In die eerste kwartaal van 2020 het ons met 10 spanne aan die liga deelgeneem.

Ons spanne het baie goed gevaar deur meer as 80% van alle wedstryde te wen. Ons het selfs vir twaalf onder 15-seuns, wat nie vir ’n span gekies is nie, die geleentheid gegee om ’n wed- stryd teen Boland Landbou te speel. BOLAND LANDBOU- ONDER 15-TOER- NOOI Ons onder 15A-span het aan hierdie toernooi deelgeneem. Op Dag 1 klop ons vir Menlopark 15 – 12 in die groepfase. Daarna klop ons Paarl Vallei 21 – 6 en gaan deur na die semifinaal waar ons Oakdale met 27 – 0 afransel. In die finaal teen Paul Roos kon ons drie van die enkelspelwedstryde wen, maar ons verloor ongelukkig 8 – 14 in punte. GERRIE BERNER-TOERNOOI Die eerstespan speel 20–22 Februarie in hierdie toernooi. In die groepfase speel hulle teen Stellenbosch (wen 7 – 0), Grey Kollege (verloor 2 – 5), Oakdale (wen 7 – 0), Waterkloof (wen 4 – 3) en Pretoria Boys High (wen 7 – 0). Ongelukkig eindig hulle op punte met een punt agter Grey en Waterkloof en hulle speel uit vir posisies 5 tot 8. Ons klop Affies 5 – 2 en St Stithians 4 – 1 en eindig in ’n baie goeie vyfde plek by die topskoletennistoernooi in Suid-Afrika. Waterkloof, oor wie ons geseëvier het, eindig tweede. INTERSKOLE-TENNIS 15A wen 5 – 1, 15B wen 5 – 1 en 15C wen 4 – 2. 19C wen 6 – 0, 19B wen 5 – 1 en ons eerste span wen 9 – 0. BOLAND-PROEWE Verskeie seuns het deelgeneem aan die Boland-proewe en die volgende seuns het uitgeblink: By die onder 15-proewe eindig Frans Willem van der Merwe eerste en Jaco Snyman tweede; JC Paul word gekies vir die Boland onder 15B-span. Herman Snyman eindig vyfde by die onder 19-proewe.

Erik Bester Hoof van Tennis

1STE SPAN Agter: Lieben Engelbrecht, Jaco Snyman,

Frans Willem van der Merwe, Tiaan Schreuder William Zulch, mnr E Bester, Luan Krige, me L Visser, Herman Snyman

Voor:

123

BOISHAAI 152 YEARS

Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online