Boishaaier 2020

HULDEBLYK - JOHAN STRAUSS

Tot siens, Johan. Ek het Johan Strauss ontmoet die dag toe ek vir ‘n onderhoud vir my pos moes kom. Ek gebruik doelbewus die woord ontmoet, want ‘n mens leer ken nie vir Johan met die eerste onmoeting nie. Ek was nogal effens geïntimideer deur die stil man wat my so stoïsyns aankyk, dalk effens opsommend, sonder dat jy weet wat hy dink. Ja, hy het vir my ‘n vraag of twee gevra, algemene vrae, en effens geknik – nie omdat hy noodwendig saamstem nie, maar meer om aan my die erkenning en respek as ‘n mede­ kollega te verleen. Johan Strauss, kort en kragtig. Die stil man wat op sy eie stoel in die personeelkamer sit. Iemand was eendag baie verbaas toe ek ewe vrypostig ‘n pen uit sy potloodsakkie leen, want ‘n mens krap nie in Johan se goed nie en ek kon dit nog nooit verstaan nie, want hy is beslis een van die hoflikste, mees gelykmatige mense wat ek ken. Op die oog af ‘n man sonder pretensies, sonder kleinserighede, iemand wat hom nie laat manipuleer nie. Weer eens gebruik ek doelbewus die woord “op die oog af”, want ek en Deborah het gou geleer hy hou eintlik nie van konflik nie, hy het eintlik ‘n baie sagte hart en gee maklik in as jy mooi met hom werk. Johan, so ‘n klein geheimpie: Deborah was vreesbevange vir jou in die begin met elke vraestel wat jy moes modereer. Totdat ek aan haar kon uitwys dat ons vakgroep se sekuriteit en standaard juis daarin lê dat jy so intensief en noukeurig enige taak aanpak. Kollegas, ek en Johan het begin skool hou in die tyd van ver- slagboeke en argaïese voorgeskrewe boeke soos Joernaal van Jorik en Bart Nel en Bonga. Ons het toetse en vraestelle met die hand op blou wasvelle geskryf en afgerol of aan die leerders die vrae laat afskryf en dan moes hulle dit beant- woord. Dit is daarom dat Johan steeds tot die einde toe so netjies op sy bord kon skryf terwyl hy klasgee. Toe ons verlede week in sy klas staan en gesels, haal hy ou blokboeke uit en vra wie van ons dit wil hê. Onder andere een oor die roman Bart Nel. En skielik het ek geweet wat ek vanaand gaan sê. Ons was bevoorreg om deur die jare voorgeskrewe boeke met leerders te behandel waarmee die begrip “heldefiguur” of dan “tragiese figuur” duidelik T

En dít is tipies van Johan Strauss. Hy skrik nie sommer vir ‘n uitdaging nie. Met die presisie van ‘n jagter sal hy hom eers self vergewis van hoe en wat hy moet doen – selfs al neem dit langer om dit te internaliseer – en dan doen hy dit. Hy het die vermoë om ons ander tot bedaring te bring as ons opgewerk is en op ‘n rustige manier feite en opsies uit te lig. Praat jy met sy oudleerders, en van hulle is tans sy kollegas, hoor jy stories oor messe en gewere, karateskoppe en hoe hy manne teruggekry het wat dit durf waag het ommet sy hond te mors, maar uiteindelik kom almal tot dieselfde slotsom: Johan Strauss is ‘n ware man, ‘n heldefiguur, iemand wat getrou is aan homself en sy waardes en, met apologie aan Bart Nel, kan sê: Ek is Johan Strauss van toe af, en ek is nog hy!” Johan, ek, ons, jou vakspan gaan jou mis. Elmarie Götze Johan ken homself deur en deur, ook sy swakpunte. Daarom kan hy met ‘n fyn humorsin ook met homself en ander mense goediglik die draak steek. Hy spreek hom nie maklik uit oor ander mense se oortredings nie. Hy het die vermoë om jou op ‘n beskaafde, baie effektiewe manier tereg te wys of op jou plek te sit. Ek het byvoorbeeld een keer my beker kof- fie omgestamp op sy lessenaar in die klas en dadelik het ek en Johan geskarrel om koffie op te vee. Toe hy egter die volgende oggend sy laai ooptrek, swem sy skryfbehoeftes in koffie! Die volgende keer dat ek met my koffie by sy klas instap, het hy ewe hoflik gesê: Sit net asseblief jou beker daar op die rak neer. Nog iets wat ek altyd sal onthou: In die beginjare het ek en Deborah en Johan een aand tot baie laat aan die gr. 12’s se modereringlyste gewerk, soveel so dat, toe ons die skool verlaat, dit al donker was en ons half voel-voel die gebou verlaat. By my klas se buitetrappe snip Deborah ewe kordaat: “Julle oumense moet nou nie by die trappe afval en julle bene breek nie.” Twee dae later bring Johan ‘n dankiesê-geskenk vir my en Deborah omdat ons tot so laat nog gewerk het: ’n klein penflitsie wat jy aan jou motor se sleutelhouer hang! Ek het myne steeds. verduidelik kon word. So kon ons leerders toerus met die persepsie van wat ‘n ware man is, watter waardes nodig is. Wat ‘n voorreg dat ek kon skoolhou met so ‘n ware man. As ek aan Bart Nel, die heldefiguur dink, sien ek vir Johan Strauss in my geestesoog. Iemand wat baie beginselvas is, hy staan vir wat reg is. Party mense sou dit as koppigheid afmaak, veral wanneer van sy kollegas ontstoke was omdat hy doodeenvoudig kon nee sê vir iets wat hy nie wou doen nie, hetsy omdat hy gedink het dit is nie reg nie of omdat hy gedink het dit is nie sy werk nie. Hy het nie ooit deelgeneem aan die sogenaamde “rat race”, die rotteresies waarin dit gaan om kortstondige roem en eer nie. Hy dwing respek af in sy andersheid soos ‘n Koki in die epos Raka. “Maar dié wat skoonheid en hoogheid dra as las en ver verlange, is ‘n vreemde ras van mense”. Johan is hardwerkend, konsensieus, hy lei deur sy voorbeeld. Nooit het hy van ons iets verwag wat hyself nie gedoen het nie. Dit was vir my altyd ‘n hoogtepunt as ek ‘n spelfout in sy vraestelle kon vind, sy selfrespek het hom nie toegelaat om halwe werk te doen nie. Johan is opreg en ‘n realis. Hy het menige van ons geleer dat dit nie help om jou kop teen ‘n muur te stamp nie. Johan is ‘n man van integriteit, sy woord is sy eer.

Die feit dat die groot C skielik in 2020 sy verskyning in die onderwys gemaak het, was vir hom die laaste strooi. En ek praat nie van Covid-19 nie. Ek praat van Google Classroom. Nou kyk, vir ‘n man wat baie gelukkig met sy eie geselskap is, was die gedagte om vir homself te sit en klasgee glad nie opwindend nie. En ja, hy het dít ook gedoen. Hy was een van die eerstes in ons vakspan wat video’s vir die leerders gemaak het – Kristian moes dit net op Google Classroom

D

laai. Ek was nogal verbaas daaroor want hy het, soos ons geslag, teen ‘n verstommende spoed moes aanpas by die ontwikkelende tegnologie. Hy het selfs van verlede jaar af sy eie vraestelle getik.

10

BOISHAAI 152 YEARS

Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online