Boishaaier 2017

TENNIS

TENNIS 1STE SPAN Agter:

William Zulch, Luan Krige, Theo Louwrens, Francois Cilliers

Voor: Mnr. E Bester (afrigter), Wikus Venter, mnr. D Swart (skoolhoof), Hanru Albertyn, mnr. N Koch (afrigter)

Ons tennis het vanjaar verskeie hoogtepunte bereik en ons drie spanne in die o. 19-liga en vier spanne in die o. 15-liga het baie goed gevaar. Al die toernooie waaraan ons deelgeneem het, het die spelers baie goeie blootstelling aan kompetisies teen verskeie skole in die land gebied. By die Gerrie Berner-toernooi het ons eerste span sesde uit twaalf topskole in SA geëindig. Ons o. 15-span het saam met Bloemhof aan die Menlo Mixit-toernooi in Sun City gaan deelneem en in hulle onderskeie afdelings eerste en tweede geëindig. By die ABSA Grey Kollege-toernooi in Bloemfontein eindig ons in die sesde posisie. By Cradock wen ons die toernooi en ons B-span ontvang die spangeestrofee. Tydens ons jaarlikse Interskole teen Paarl Gimnasium het HJS uitstekend gevaar. Die vier onder 15-spanne en die vyf onder 19-spanne was almal onoorwonne, met die eerste span se sege van 7 – 2 as hoogtepunt. Die Interskole-uitslae teen Paarl Gimnasium lees soos volg:

HJS-tennisspelers kompeteer ook op nasionale vlak. Luan Krige word na afloop van die interproviniale toernooi in Pretoria vir die SA o. 15-span gekies. Hy speel in verskeie SATA-toernooie en behaal oorwinnings in die volgende: Boland Spring o. 16, WP Mini 2 o. 16, WP Winter o. 16, Boland Grand Prix en die WP Mini 5 o. 16. Hy word ook gekies vir die TSA- nasionale oefengroep. William Zulch vaar ook uitstekend: Hy is tans een van die toptien spelers in sy ouderdom in Suid-Afrika en by die TSA Masters in Potchefstroom eindig hy in die vyfde posisie. Die volgende seuns is in hulle onderskeie Boland-spanne opgeneem: Luan Krige, William Zulch en Herman Snyman. Ons sien uit na die 2018-seisoen. Tennis

o. 19A klop Gim 7 – 2 o. 19B klop Gim 5 – 1 o. 19C klop Gim 6 – 0 o. 19D klop Gim 6 – 0 o. 19E klop Gim 4 – 2

o. 15A klop Gim 4 – 2 o. 15B klop Gim 5 – 1 o. 15C klop Gim 6 – 0 o. 15D klop Gim 6 – 0

97 BOISHAAIER 2017

Made with FlippingBook - Online magazine maker