Boishaaier 2017

CREATIVE WRITING

KLIPDRIFT

Dit is skemer. Lucille sit met haar vuil wit rokkie op hul klein huisie se sonverweerde sinkdak. Hier voel sy veilig en afgesonder van die gebroke wêreld. Haar gesig staar uitdruk- kingloos na die straatlig. “Daar gaan hy nou aan. Die bliksem sal seker nou-nou hier wees,” sê sy sag. “Lucille! Klim af daar! As jou pa jou weer daar bo kry, is jy vrek,” skree haar knorrige ma ter- wyl sy ’n haarroller in haar uitgedroogte hare verstel. “Hy is nie my pa nie!” herinner Lucille haar ma en keer weer terug na die straatlig wat haar al meer hipnotiseer. Die son soek skuiling agter die lelike en vuil ge- boue, maar vanaf die minder gegoede woon- buurt lyk dit te pragtig vir die 9-jarige Lucille. “Eendag sal ek vlug. Dalk is ek die volgende Charlize Theron. ’n Mens weet tog nooit nie,” giggel Lucille, terwyl sy afklim en die huis bin- negaan. Sy loop suutjies met haar kaalvoete deur die kombuis en sien haar ma wat die bottel Klip- drift onder die “sink” uithaal. Haar stiefpa kan slange vang indien hy nie sy daaglikse dosis brandewyn inkry nie.

Sy stap verder af in die gangetjie en in die sit- kamer gewaar sy haar stiefpa se vuil asbakkie. Die donker gordyne stink nog na gisteraand se gestook. “Hy was gelukkig te gesuip gewees om my weer wakker te kielie,” dink sy by haarself. Sy mik dan na regs, loop na haar klein ka- mertjie en plons neer op die bed. Sy lê en loer, deur die skrefies van haar verbleikte Barbie-gordyne, na die straatlig buite. Die lig skyn skielik nie meer so helder soos al die ander aande nie. Dit flikker so elke dan en wan. Terwyl sy hierdie vreemde verskynsel dophou, raak haar oë swaarder. Sy raak dan aan die slaap. Die rumoer in die kombuis maak haar wakker. Dit is haar stiefpa. Hy het teen dié tyd al die hele bottel opgedrink. Dit plant vrees in die hart van Lucille. Sy lê doodstil. Na ’n paar uur bedaar die geraas en geskel. Stilte heers weereens in die huisie. Die gekraak van Lucille se kamerdeur breek die stilte. Haar stiefpa loer na haar terwyl sy met haar weerlose rug na hom toe lê.

Sy hoor hom nader sluip. “Nee, nee, nee … asseblief, Pa!” pleit Lucille soos haar pa haar teen die bed vasdruk. “Sjjjt!” beveel haar stiefpa. Sy drankasem versmoor haar en sy voel hoe die stoppels van sy baard haar nek skuur. Sy hande is altyd vuil en vol olie. Dit lyk kompleet soos swart spinnekoppe. Die spinnekoppe kruip al langs haar lyf en besoek elke hoek en draai van haar liggaampie. “Eina! Jy … jy maak my seer,” sê sy al snikkend. Die geklingel van die losmaak van haar stiefpa se gordel laat haar na die lakens gryp en sy hou dit vas totdat haar knekels wit vertoon. Weer en weer en weer word sy pynlik van binne afgebreek totdat sy nie meer ’n greintjie onskuld oor het nie. “Nag, Pappa se Barbie-pop,” fluister hy voor- dat hy die deur subtiel agter hom toetrek. Sy lê weerloos en alleen op haar bed. Haar oë is leeg, maar is steeds gerig na buite. Die straatlig skyn nie meer nie.

DA Smuts - Graad 12F

Het jy al gesit en wonder of ’n wurm twee lewens het? Een as ’n wurm, wat gevolg word deur ’n oorgangsfase in sy kokon na sy nuwe lewe as ’n pragtige vlinder. Is ek dalk daardie wurm? *** Ek verpes ’n dokterspreekkamer. In my warrelwind van ’n dag het ek nie tyd om in ’n wagkamer te sit en gril vir ’n klomp snotneusies wat vir die “vreemde tannie in die pak” met leë oë aankyk nie. Gelukkig word my naam eerste geroep! ’n Vinnige ondersoek en ek kan aangaan met my lewe. Of so het ek gedink … Die leë patrone van die mediese terme het my een vir een, sonder dat ek dit opgemerk het, getref en gewond. Vir ’n oomblik het my gedagtes gedwaal … Die dokter se vuilbruin skoene het my met heimwee laat dink aan die somersdae op Buffelspruit, my ouers se plaas. As kind was dit my stukkie hemel. Die suikerrietlande en sitrusboorde – my speelpark. Terwyl my gedagtes my op ’n nostalgiese toer vol verlange neem, hoor VIR OULAAS

Ek het nou die hoofrol in my eie “The Bucket List”-rolprent losgeslaan. Nie een traan het ek daardie dag gestort nie. Nie een sug het uit my siek liggaam gekom nie. Ek het myself verbied. Die masker van ’n onafhanklike en selfversekerde man was nog styf vasgegom. Ek sou hierdie kans benut. Ek sou nou al die dinge doen waarvoor ek nooit die tyd wou maak nie. Om ’n olifant te ry is ’n uitdaging. Die hart is ’n ingewikkelde instrument. Die yslike poot van ’n leeu teen my koue borskas het my herinner hoe broos my liggaam werklik is. Die helder blou van Mosambiek se see is ’n kleur wat ’n mens se sigsintuig onophoudelik prikkel. Die laaste item op my lys was om my ouers te gaan groet. ’n Nuut getransformeerde stadsman keer terug na sy weggesteekte wortels, die plaas. Tot my skok was ek oorweldig deur my liefde vir hierdie plek wat ek vir so lank wou ontken. Om vir oulaas deur suikerrietland met ’n vodde trekker te ploeg en aan my ma se tuisgebakte brood te smul was hemels. Om saam met my ma onder haar handgemaakte lappieskombers ’n uiltjie te knip was al wat ek nodig gehad het om my siel te laat rus. Vir oulaas kon my ma met haar wiegelied my stil maak, rustig maak. Totdat die gedruis van lewe, soos vlinders op vlug hul kokon verlaat, verdwyn het.

ek ’n gedreun wat amper soos my naam klink. “Gustav, verstaan jy wat ek vir jou probeer sê?”

Ek het verstaan. Ek het verstaan dat ek met kanker gediagnoseer is. Ek het verstaan dat daar ’n gewas op my brein gevind is wat ongeneesbaar is. Ek het dit alles verstaan, maar ek wou nie.

Gustav Coetzé - Graad 12 F

69 BOISHAAIER 2017

Made with FlippingBook - Online magazine maker