Boishaaier 2017

MUSIEK

DRUMLINE Agter:

Sunin Kim, Carlyle Damons, Gareth Waterhouse, Sam Taskes, Latham Truter Middel: Joshua Sendin, Saeed Rodrigues, Luke Williams, Jared Truter, Bernabé de la Bat, Shane Cornelissen Voor: Luke Künz, Carl Landsberg, Werner Keyser, me. B Goldstone, Walter Travers, Zameer Mohamed, Siran Baron

Die drumline het vanjaar weer eens ’n baie goeie jaar ervaar. Die manne se musikale kreatiwiteit is alreeds tydens die kultuurkamp getoets, aangesien hulle opnuut gevra is om by die meisies se atletiekbyeenkoms, die 4M, te speel. Die drumline het by verskeie formele funksies opgetree, naamlik die Piekniekkonsert, die Blue Grey-aand tydens ons Grey Kollege-toer en die HJS Orkesfees. Die manne is ook gevra om die openingsmusiekitem by Bok Radio se jaarlikse Bokkie-toekennings te speel. Tydens die jaar se Paarl Vallei-eisteddfod het die drumline ’n uitstekende Cum Laude-toekenning gekry.

Hulle is natuurlik verantwoordelik vir die opbou van die gees tydens groot rugby- en hokkiewedstyde en het vanjaar weer eens hulle staal gewys. Hulle het deelgeneem tydens hokkie en rugby se eerstespanwedstryde teen onder andere Grey Kollege, Paul Roos en tydens Interskole. Die onderwyser wil graag die matrieks van vanjaar bedank vir hulle entoesiasme en deursettingsvermoë, in besonder vir Werner Keyser, wat deur sy voorbeeld die toon aangegee het.

66 BOISHAAIER 2017

Made with FlippingBook - Online magazine maker