Boishaaier 2017

BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF

Caesar TO BURY

Mnr. D Swart SKOOLHOOF

“I come to bury Caesar, not to praise him,” sê Marcus Antonius in Shakespeare se bekende toneelstuk. Natuurlik, soos wat dié van u wat die stuk ken, wel weet, het hy dan ironies genoeg net mooi die teenoorgestelde intensie! Insgelyks wil ek daremeers ’n paar pryswoorde oor 2017 insmokkel voor ons hom finaal begrawe: 2017 was the year when Paarl Boys’ High soared over the known world like an eagle on the wing. While the rugby touring team of 90 boys, coaches and trainers visited Aotearoa (the land of the long white cloud), 22 hockey boys made history by being the first ever Paarl Boys’ High hockey team to travel abroad, and to the Netherlands, no less. To witness a club match in a small town, played in a stadium the size of Newlands (and with a crowd to match) was something special. Not long after, our senior debating team flew to Cambridge for the final of the young debaters’ worldwide competition. A great word of congratulation should go to the staff members, parents and sponsors who made these tours possible. Hierbenewens hou ek verder net enkele hoogtepunte van 2017 aan u voor (lees gerus die volle jaarverslag op die skool se nuwe, verbeterde webwerf). Die eerste rugbyspan se derde agtereenvolgende onoorwonne jaar is reeds aan almal bekend. Dié van ons wat naby die vuur staan, sal weet dat dit geensins maklik was nie, en figuurlik gesproke (en soms letterlik ook!) met bloedsweet gepaard gegaan het. Verder het ons eerste muurbalspan ’n derde plek landwyd behaal met Luke van Vuuren wat vir die SA Skolespan gekies is, terwyl ons skaakspanne die Boland- ligas oorheers het. Ons eerste gholfspan het weer eens die Boland by die SA Skolebyeenkoms verteenwoordig en onder die topvyf geëindig. Dieselfde eer het ons eerste tennisspan te beurt geval met Luan Krige wat vir die SA o. 15-skolespan gekies is. Ons 640 kg-toutrekspan het ook ’n bronsmedalje by die SA byeenkoms verower, en ons toptien-atletiekspan was vir die derde agtereenvolgende jaar die gouemedaljewenners by die prestigeryke toptienbyeenkoms in Bloemfontein. Ons het weer eens heelwat krieketspelers in die verskillende Boland-spanne. Shaun Fouché is vir Namibië se o. 19-span wat aan die Wêreldbeker gaan deelneem, gekies en Erich Wittmann vir Namibië se o. 17-span. Ons swemspan het weer die Frank Myburgh- en die Twilight-gala gewen en ’n algehele vierde plek in die provinsie behaal. Die eerste hokkiespan het ook ná ’n goeie seisoen ’n baie spanningsvolle Interskolewedstryd gewen, wat

wêreldwyd op YouTube uitgesaai is met ons eie mnr. Brett Tesselaar as kommentator! Akademies gesproke het die 2016-matrieks weer eens ’n 100%-slaagsyfer vir tersiêre studies behaal, met ’n universiteitslaagsyfer van byna 93%. Hierbenewens was daar ook baie goeie uitslae in verskeie olimpiades, met twee seuns wat goue medaljes in die landswye Wiskunde-olimpiade verwerf het. Die HJS is ook deur die WKOD vereer as die topskool wat betref die kombinasie van Wiskunde, Rekeningkunde en Ekonomie, en die Rekeningkunde-olimpiadespan het tweede geëindig in die prestigeryke Spine Road-olimpiade. Hierbenewens is die skool weer eens deur Die Burger aangewys as een van die top- Wiskundeskole in die Kaapprovinsie. On the cultural front, a number of boys achieved high gradings in different music exams, from UNISA and Royal Schools straight through to the international Rockschool. Cantare undertook a very successful tour to Pretoria and achieved very good results in the different eisteddfods, together with the wind band, drumline and Ser group, besides various individual achievements. The school was also honoured by the Paarl Valley Eisteddfod for its contribution to cultural activities in general. Furthermore the Senior C Debating team ended as the winning team of the Boland league for the World Schools Debating. En nou lê 2018 met die gepaardgaande 150-jaarvieringe voor die deur. Dis met gevoelens wat wissel tussen afwagting, opgewondenheid en selfs ’n tikkie vrees, dat ons daarna uitsien. Ons wil natuurlik een en elke lid van die Boishaai-familie uitnooi om deel te wees daarvan. Hoogtepunte sluit in die afskop-dinee, die aanbied van die Charl van Rooyen-kriekettoernooi en ’n kriekettoer na Engeland. Hierbenewens word ’n revue op die planke gebring wat so ’n bietjie skoolgeskiedenis sal uitbeeld, en Cantare gaan deelneem aan die Wêreld Koorspele in Pretoria. ’n Nasionale skaaktoernooi word aangebied, en beide die Craven- en die Akademieweek word op ons eie velde aangebied. Daarbenewens word ’n internasionale skolerugbytoernooi aangebied met 20 topskolespanne uit Suid-Afrika en van oorsee. Ons weet dat dit besonder harde werk gaan vereis. As u daarvoor kans sien, kom vlieg saam met ons na 2018. ’n Mens hou mos darem nie jou lyf tinktinkie in die land van die arende nie …

Die volledige jaarverslag is op die skool se webwerf beskikbaar. www.paarlboyshigh.org.za

4

BOISHAAIER 2017

Made with FlippingBook - Online magazine maker