Boishaaier 2017

HULDEBLYK AAN Marie Jansen van Rensburg

Marie is ’n nooi van Victoria-Wes. Op skool blink sy by die Hoërskool Victoria-Wes uit in netbal, atletiek, tennis en debat en sluit haar skoolloopbaan daar af as hoofmeisie en dux-leerder. In 1971 behaal sy ’n BCom-graad en in 1973 ’n HOD by die Univer- siteit van Stellenbosch. In 1971 tree sy in die eg met Petrus, haar hoërskoolliefde. Hulle het drie seuns, Petri, Jaco en Rouxan, asook ses kleinseuns. Marie het onder andere by Hoërskool Stellenbosch, De La Bat Skool vir Dowes, Worcester Tegniese Kollege, Hoërskool Swellendam, Paarl Tegniese Kollege en Hugenote Hoërskool onderrig gegee voor sy in 2002 by die Hoër Jongenskool Paarl aangesluit het. Vrou, ma, skoonma, ouma en bowenal onderwyser. As mede- onderwyser stap ek al sedert 2002 die pad saammet Marie Jansen van Rensburg in die gange van Hoër Jongenskool Paarl. Eers het ek Bedryfsekonomie en EBW saam met haar gegee en later ook Wiskundige Geletterdheid. Ek het haar ervaar as ’n reguit mens wat nie skroom om haar sê te sê nie. Jy weet presies waar jy met haar staan. Haar deeglikheid en die vermoë om vooruit te dink en te beplan sal my altyd bybly.

Nie net was sy ’n uitstekende onderwyser en vakhoof nie, maar sy beskik ook oor uitsonderlike administratiewe en organisatoriese eienskappe en word deur kollegas as “groot gif in ’n klein bot- teltjie” beskryf. Marie was vir jare die mede- graad 8-graadhoof wat leerders ferm, maar met ongelooflike deernis behandel het. Vanweë haar belangstelling in draf en fiksheid het sy selfs ’n hele paar halfmaratons voltooi en was sy ook organiseerder van HJS se Landloop. Marie, baie dankie vir sewentien jaar se onbaatsugtige diens aan die HJS. Ons as kollegas en leerders sal jou, jou humor en interes- sante sêgoed nooit vergeet nie! Sy het ook ’n passie gehad om leerders nie net op akademiese gebied nie, maar ook vir die lewe eendag voor te berei en toe te rus. Verder is sy ook ’n omgeemens wat intens belangstel in die wel en wee van haar medemens – altyd gereed om iemand te help, of om iemand voorspoed toe te wens of geluk te wens met ’n prestasie wat behaal is. Marie, ek wens jou ’n rustige en vredevolle aftrede toe met meer tyd om saam met jou kinders en kleinkinders deur te bring. Jan Mostert

3

BOISHAAIER 2017

Made with FlippingBook - Online magazine maker