Boishaaier 2017

FONDSINSAMELING

Fondsinsameling JAGPAKKETVEILING 2017 Die 2017-veiling was weer eens ’n reusesukses en ons het die rekordbedrag van R309 300 ingesamel. Ons het dit vanjaar vir die tweede keer by Brugstraat gehou. Die gasspreker, DeWet van Rooyen, oud-akteur en voorsitter van Kaapjag, was ’n groot sukses. Die afslaer was die bekende Carl Malherbe, wat die veiling op ’n baie spesiale en effektiewe manier gelei het en die 21 pakkette maklik aan die ywerige bieërs verkoop het. Baie dankie aan Jacques Grobbelaar, Uschi Ruthard, Ursula Windt en Sue Davies vir die reëlings en hulp, asook vir die opstel van die katalogus. GROOT dank aan die volgende persone vir die skenk of reël van die pakkette: Yolande Reyneke, Danie van Wyk, Willem Immelman, Barries Snijman, Tickey van Wyk, Hennie Erwee, Eddie Hamman, SJ Poggenpoel, Melt van den Heever, Rudolph Baard, Joe Roberts, Gunnar Jensen, Philip le Roux, Gys du Toit, Gys Jacobs, Gert Coetzee, Jaco de Bruyn, Rossouw Cillié en Leonard Dormehl. WYNVEILING Ons 22e veiling is deur 230 gaste in die Stadsaal bygewoon, met gaste van so ver as Secunda! Nie net ’n rekordgetal gaste nie maar ook ’n rekordomset! GROOT waardering vir mnr. Jordaan en die munisipaliteit vir die gebruik van die saal ... EN vir Mark Maingard met sy span helpers wat ons bederf het met die heerlikste ete, en vir sy kelners wat tafel gedek, afgedek en opgeruim het! VOORWAAR, maak dit ons taak soveel makliker om so ’n groot funksie vir ons ouers en ondersteuners te kan bied. Dave Rawlings het gesorg dat ons kon hoor en sien en Allistair Brown en Carl Malherbe het as afslaers die 78 lotte maklik opgeveil. DANKIE aan al die kelders, wynmakers, ouers, oudstudente en vriende wat met julle teenwoordigheid ons ook op hierdie manier ondersteun het. Julle bydrae is onontbeerlik vir so ’n funksie. Dankie aan die gashere vir die reël van julle gaste om van hierdie veiling ’n groot sukses te kon maak. Sonder julle bydraes en welwillendheid sou dit nie moontlik gewees het nie. Baie dankie ook aan my eie span werkers sonder wie se energie en ekstra tyd daar geen funksie sou gewees het nie. Maak solank ’n aantekening in jou dagboek: 2018 se Wynveiling word DV op Donderdag 6 September weer in die Stadsaal aangebied. FATHER AND SON GOLF DAY The yearly Father-and-son golf day held at Paarl Golf Club on 21 September proved once again to be a success with thirty four-balls being entered. The players enjoyed themselves enormously on this spectacular course, with a mini-marshmallow and clay pidgeon competition added on the side. The dinner and prize-giving went down very well and we were able to award prizes to all players on the evening. Our sincere gratitude to our main sponsor PSS (Print and Signage Solutions) and to Riaan Burger who provided us with wine on the tables. Paarl Boys’ High also would like to thank all participants, the committee members and the staff of Boschenmeer Golf Estate for their excellent and professional

Graag wil ons ook die volgende mense bedank vir die reël van kopers en vriende: Charl Fourie, Jacques du Preez, Anton van Wyk, Koenie Pretorius, Francois Gerber, Rossouw Cillié, Jean Nortier, Roland du Toit, Frederik Rabe, Johan Truter, Percy van Rooyen, Sean Erasmus en Sean Hoctor. Johan Truter van Wellington Wines het gesorg vir die tafelwyn. Ons dank aan Melt van den Heever, Buks Marais en Japie de Bruin vir die skenk van die lammers vir die spitbraai. Dankie ook aan Dave Rawlings vir die klank en die DVD-skerm, en aan Willem Immelman van Safari & Outdoor en Rudolph Baard van Rudolph Optics-Africa vir hulle spesiale donasies. Ons dank aan Mark Maingard en sy span van What’s Cooking Catering & Events vir hulle uitstekende diens en heerlike ete. Ons laaste dankie gaan aan die kopers vir die aankoop van die pakkette. Mag julle ’n baie suksesvolle en ook genotvolle jagseisoen hê waarin ook nuwe vriendskapsbande gesmee gaan word. LAMVEILING 2017 Om vir HJS die sesde lamveiling te kon reël, was moontlik met skenkings en donasies en HARDE WERK soos wat ons van ons ouers, oudstudente en vriende ontvang het. Vroeg in die jaar het manne soos Rossouw Cillie reeds ywerig begin planne maak om van hierdie jaar se veiling ‘n nog groter een te maak as verlede jaar. Later het ons begin lammers kollekteer maar slegs hier in die omgewing en by dorpe soos Citrusdal, Ceres, Riebeek-Wes, Moorreesburg en in die Durbanville-area. Agv die droogte kon ons glad nie hierdie jaar by Phillipstown, Carnavon, Calvinia en Williston lammers bedel nie. Die lammers het in die week van die veiling by Oubaas Brink op die plaas aangekom waar dit geweeg, in lotte opgemaak en die katalogus- indelings en katalogus-tikwerk gedoen is. Intussen het Rossouw die Ceres-lammers ook Paarl toe vervoer. Vroeg Donderdag het die werkers die krale gebou en die lammers is afgelaai, elk kompleet met sy eie nommer ook. Appie Maritz was ‘n uitstekende afslaer en alhoewel die kopers nie so baie was nie, het die lammers baie goeie pryse gehaal. Tussen deur het gaste lekker gekuier, geeët en ook gebie op die vakansie-lammers! Baie dankie ook aan Johan Swart en Tim Michell en ons span werkers vir julle hulp en voorbereidings vir die aand, asook aan Uschi Ruthard vir die ontwerp van die kaartjie en Appie wat sommer self ook die klank hanteer het. Dankie aan Ursula Windt wat die til laat klop en Jacques Grobbelaar wat al die ander werkies gedoen het. ‘n Laaste (maar belangrikste) dankie aan ons ouers en vriende wat die aand bygewoon en gebie het, veral die wat al die pad van die Karoo afgekom het. In 2018 gaan ons NOG GROTER – dis immers ons feesjaar! Ns: Intussen stroom die gelukwensings vir Deli-Co in oor die manier waarop die vleis bewerk en verpak is – baie dankie ook daarvoor, Frederick en Hendri.

135 BOISHAAIER 2017

Made with FlippingBook - Online magazine maker