Boishaaier 2017

MUURBAL

HJS SE MUURBAL HET ’N UITSTEKENDE SEISOEN GEHAD. Hoogtepunte in die seisoen: • Tien spelers verwerf Boland-kleure. • HJS is die top- muurbalskool in die Bo- land en Westelike Provinsie. • HJS se o. 19B-span eindig eerste in die Bo- land en Noordelike Voorstede se A-liga. • Die o. 19C-, o. 19D- en o. 15A-span wen ook hul onderskeie ligas. Muurbal

• Die o. 19A-span wen die Suidelike Voor- stede-liga en beklee dus die eerste plek in die Superliga. Hul behaal die derde plek tydens die Topskoletoernooi te Pie­ termaritzburg en eindig dus derde in Suid-Afrika.

• Luke van Vuuren beklee die nommer 7-posisie in die SA o. 19-span, met Nicholas Cronje en Robert Matthee onderskeidelik in die vyfde en sesde plek op die SA o. 16-ranglys.

MUURBAL O.19A-SUPERLIGA Agter: Corné Crous, Luke van Vuuren Voor: Robert Matthee, me. D Redelinghuys, Carel Matthee, me. W Louw, Nicholas Cronje

120 BOISHAAIER 2017

Made with FlippingBook - Online magazine maker